Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se Fakulteit Natuurwetenskappe lewer rekordgetal PhD-grade
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 03/04/2020

Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Natuurwetenskappe sal 'n rekordgetal van 68 PhD-grade vir die 2019 akademiese jaar toeken, waarvan 39 gedurende die virtuele gradeplegtigheid op Vrydag, 3 April 2020. Dit is die meeste doktorsgrade sedert 2014 (42) en 18 meer as in 2018 (50).

Vir die 2019 akademiese jaar het die natuurwetenskappe fakulteit 'n totaal van 527 BSc-grade, 149 HonsBSc- en 102 MSc-grade gelewer.

Prof Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, het gesê hulle is baie trots op hierdie studente: “Ons wil graag vir 'n ieder en elke student gelukwens met hierdie groot mylpaal in hul l​ewens."

Dr David Phair, wat sy doktorsgraad in die gedragsekologie van miere behaal het, sê hy sal Vrydag die virtuele gradeplegtigheid vanaf sy huis kyk, soos wat die internet dit toelaat. Dr Claire Ineza sê egter sy gaan vasbyt tot die volgende gradeplegtigheid aangesien sy graag oor daardie verhoog wil stap. Hierdie superma van Ruanda het haar doktorsgraad in Chemie en Polimeerwetenskap verwerf terwyl sy haar eersgebore seun moes grootmaak, nou vier jaar oud, en swanger was met haar tweede seun, nou 'n drie-maande oue baba.

SU graduandi sal hierdie Vrydag (3 April 2020) om 14:00 die geleentheid kry om 'n virtuele toekenning van hul kwalifikasies aanlyn te volg. 'n Skakel na die verrigtinge sal Vrydagoggend op die US se tuisblad geplaas word.