Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vuyiseka Dubula-Majola: 'Stryd teen onreg is almal se saak'
Outeur: Biénne Huisman, Daily Maverick
Gepubliseer: 22/01/2020

​Die artikel Vuyiseka Dubula-Majola: 'My anger fed my activist's soul', wat deur Biénne Huisman geskryf is, is op 2 Desember 2019 in die Daily Maverick gepubliseer:


Vuyiseka Dubula-Majola glo die stryd teen onreg is almal se saak. Vir die grootste gedeelte van Suid-Afrika se nuwe demokrasie was sy aan die voorpunt van aktivisme vir sosiale geregtigheid, nie net as ʾn rolmodel vir mense wat met MIV leef nie, maar ook vir diegene wat ongelykheid te bowe probeer kom.

Toe die Universiteit Stellenbosch haar ʾn werk aanbied, was Vuyiseka Dubula-Majola op haar hoede. Waarom sou sy ʾn aanstelling by ʾn wit, mansgedomineerde instelling aanvaar; ʾn instelling in ʾn elitistiese dorp wat boonop deur stadige transformasie aan bande gelê word?

Sy het die uitdaging aanvaar om die transformasie te word wat sy wou sien. Op 2 Januarie 2018 het Dubula-Majola haar nuwe rol as direkteur van die Universiteit se Afrika Sentrum vir MIV-/Vigsbestuur opgeneem.

  • Lees die volledige artikel hier.

  • Foto: Vuyiseka Dubula-Majola, Direkteur van die Afrika Sentrum vir MIV-/Vigsbestuur, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Universiteit Stellenbosch