Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Internasionale samewerking sal MIV/Vigs-navorsing bevorder
Outeur: CADFP
Gepubliseer: 10/05/2019

Die Afrika Sentrum vir MIV-/Vigsbestuur by die Universiteit Stellenbosch is deur die Carnegie Afrika-diaspora Genootskapsprogram (CADFP) gekies om saam met 'n Kanadese akademikus uit Afrika-diaspora geledere, prof Josephine Etowa, aan 'n projek ter bevordering van MIV/Vigs-navorsing te werk.

Die vier jaar oue Carnegie Afrika-diaspora Genootskapsprogram is ontwerp om die uitvloei van kundigheid uit Afrika om te keer, kapasiteit by gasheer-organisasies te bou en te versterk, en om langtermyn, wedersyds voordelige samewerkingsgeleenthede tussen universiteite in Afrika en die VSA en Kanada te ontwikkel.

Die US projek is een van 12 projekte wat Afrika-diaspora-akademici met hoëronderwysinstellings en medewerkers in Afrika paar met die doel om saam te werk aan kurrikulumontwikkeling, samewerkende navorsing, nagraadse opleiding en mentorskapsaktiwiteite in die volgende paar maande.

  • Om die volledige lys projekte, gasheerinrigtings en akademici te sien, kliek hier.

  • Om die volledige artikel te lees, kliek hier.