Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Internasionale erkenning vir US rekenaarwetenskaplike
Outeur: Media and Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 14/11/2017

Die Vereniging vir Computing Machinery, bekend as ACM, het Prof. Willem Visser van die Universiteit Stellenbosch (US) uitgesonder as een van 'n uitgesoekte groepie van uitnemende lede vir sy uitstaande bydrae tot die vakgebied van rekenaarwetenskap.

 ACM gee jaarliks erkenning aan rekenaarwetenskaplikes verbonde aan instellings van oor die hele wêreld vir hul bydraes tot 'n wye reeks van tegniese areas wat insluit: toeganklikheid, berekeningsmeetkunde, kriptografie, rekenaarsekuriteit, rekenaarwetenskapopvoeding, datastrukture, gesondheidsorgtegnologieë, mens-rekenaar interaksie, nanoskaalberekening, robotika, en sagteware-ontwikkeling.

In 'n mediaverklaring wat op Woensdag 8 November 2017 deur die president van ACM, Vicki L. Hanson uitgereik is, sê hy dat computing technology besig is om die samelewing op elke moontlike vlak te verander: “Deurdat ons elke jaar 'n nuwe kohort van uitgelese lede benoem, beklemtoon ACM dat die innovasies wat ons lewens verbeter nié aan toeval toegeskryf kan word nie. Dit is die resultaat van harde werk, inspirasie en kreatiwiteit van toonaangewende professionele wetenskaplikes in the veld."

Prof. Visser, 'n volle professor in die Afdeling Rekenaarwetenskap by die US, word beskou as 'n wêreldleier op die gebied van sagteware-ontwikkeling. Hy was een van die ses spanlede wat verantwoordelik was vir die opdatering van die kurrikulumriglyne vir sagteware-ontwikkeling wat in 2014 gepubliseer is. Hy is sedert 2012 'n verkose algemene lid van die ACM SIGSOFT se uitvoerende komitee.

Prof. Visser het 'n A-gradering van die Suid-Afrikaanse Navorsingstigting en is visedekaan: navorsing in die Fakulteit Natuurwetenskappe by die US.

Volgens Prof. Visser voel hy geëerd, veral omdat jy nie kan aansoek doen vir keuring nie, maar deur 'n eweknie genomineer moet word. Só 'n nominasie moet ook gesteun word deur 'n motivering en verskeie briewe van medewetenskaplikes insluit.