Die slim watermeter, ontwikkel deur prof
Thinus Booysen van die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese
aan die Universiteit Stellenbosch gaan danksy ʼn borgskap deur die Shoprite-groep
by ʼn 100 skole in die Wes-Kaap aangebring word.
Dié inisiatief is vandag (8 November) by die
Wes-Kaapse radiostasie, Cape Talk, in Kaapstad bekendgestel. Na verwagting
behoort ʼn miljoen liter water per dag bespaar te word.
Die projek word tans deur die Universiteit se tegnologie-oordrag
maatskappy, Innovus, gekommersialiseer
en geïnkubeer by die Nedbank Universiteit Stellenbosch LaunchLab, die US se
besigheidsinkubator, via die afwentelmaatskappy, Bridgiot (Bridge to the
Internet of Things).
- Klik hier vir die Shoprite-groep
mediavrystelling.
- Klik hier vir 'n vorige artikel oor die watermater.