Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studie oor slange se giftande bring nuwe insig
Outeur: CAF Admin
Gepubliseer: 07/08/2017

In 'n studie wat onlangs in The Royal Society Biology Letters gepubliseer is, bevind wetenskaplikes dat dit nie lyk asof daar 'n verband is tussen die struktuur van die gifvoerkanaal in 'n slang se giftande en verhoogde stremming onder druktespanning nie. Die navorsers het rekenaar simulasies direk op 3D-skanderings verwerf met behulp van hoë-resolusie mikro-rekenaartomografie (mikro-RT). Hulle het geen verskille in die verspreiding van spanning tussen drie soorte giftande gevind nie, ten spyte van verskille in die grootte en struktuur.

Die navorsers van die Departement Plant- en Dierkunde en die RT Skandeerder Fasiliteit (SAF) by Universiteit Stellenbosch het die hipotese getoets dat in giftige slange, groter giftande en gevolglik 'n evolusionêre verskuiwing in posisie van die agterkant na die voorkant van die kaak, plaasgevind het om te vergoed vir die koste van hoogs veranderde buisvormige giftande. In teenstelling met die verwagtinge, dui hul bevindings daarop dat elke tipe giftand 'biomeganies optimaliseer' kan wees.

"Die mens word dikwels gefassineer deur skouspelagtige natuurlike strukture ‒ waarom en hoe hulle ontwikkel het, is van besondere belang vir wetenskaplikes," het dr. Anton du Plessis verduidelik. Die evolusie van slange se giftande is een van hierdie interessante onderwerpe, met drie verskillende tipes wat by verskeie geleenthede by giftige slange ontwikkel het. "Die vraag is: word een hiervan meganies geoptimaliseer en die ander nie?" Hierdie studie werp nuwe lig op die druk wat betrokke is by die evolusie van slange se giftande. "Dit leer ons ook om weg te bly van alle giftige slange, nie net dié met groot giftande nie!" het Du Plessis bygevoeg.

Giftige slange word dikwels as skrikwekkende diere beskou en word al eeue lank bestudeer. Tog bly 'n groot aantal belangrike vrae oor die evolusie van slange se giftande onbeantwoord. Om die evolusie van die gif-afleweringstelsel en -komponente te verstaan, kan insig gee in die biologiese rol van gif en speel 'n belangrike rol in uitdagings wat verband hou met slangbyt-gevalle.