Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Monitering van Kommersiële Olyfboorde in die Wes-Kaap
Outeur: Janina von Diest, Annika Pieterse
Gepubliseer: 15/05/2017

Kommersieel gegroeide olywe in die Wes-Kaap het een hoof insek pes bekend as die olyfvlieg (Bactrocera oleae), wat inheems is aan Sub-Sahara Afrika. Die Mediterreense olyf industrie ervaar beduidende verliese as gevolg van die olyfvlieg, wat 'n negatiewe impak het op die produksie van tafel olywe asook die van olyfolie. In Suid-Afrika raak die olyfvlieg eers ekonomies belangrik wanneer ernstige infestasies van olyfboorde plaasvind, gewoonlik elke paar jaar. Daar word vermoed dat beheer deur natuurlike vyande, of meer waarskynlik, dat die klimaat die ontwikkeling en grootte van olyfvlieg populasies affekteer.

Die monitering van B. oleae populasies is die eerste stap in die ontwikkeling van 'n beheerstrategie. Monitering word gedoen deur die olyfvlieg vas te vang deur die gebruik van lokvalle,  kunsaas en behoud stelsels wat keer dat die vlieë ontsnap. Mediterreense olyf boere het gevorderde monitering sisteme in plek wat gebruik maak van beide lokvalle en klimaat inligting. Om 'n statisties-gebasseerde moniteringsisteem te ontwikkel met meetbare drempels in Suid-Afrika (wat nognie bestaan vir die olyfvlieg nie), is dit noodsaaklik om vas te stel wat is die beste moniterings metode. Om vas te stel watter lokval sisteem behoort gebruik te word vir monitering, was twee verskillende tipe lokvalle vergelyk. Dieselfde lokmiddel was gebruik in beide lokvalle: olyfvlieg seks feromone en ammonium bikarbonaat, die produk van proteïen ontbinding. Hierdie lokmiddel was gebruik omdat dit beide manlike en vroulike olyfvlieë lok. Beide lokval tipes wat gebruik was is tans beskikbaar aan Suid-Afrikaanse boere. Suid-Afrikaanse olyf boere gebruik huidiglik geel 'delta traps' vir die monitering van olyfvlieë, maar die doeltreffendheid daarvan is nognie vasgestel nie. Geel emmer lokvalle word egter deur Mediterreense olyf boere gebruik al vir dekades.

Die proef was uitgevoer in Stellenbosch, Somerset Wes en Paarl op 20 kommersiële olyfboorde net voor oestyd, in die herfs van 2013 wanneer die olywe ryp was. Die 20 boorde het gemengde kultivars gehad van Favolosa, Kalamata en Nocellara olywe. Die data van die proef het getoon dat die die 'delta trap', wat tans in gebruik is, beter resultate gelewer het as die emmer lokval. Faktore wat in ag geneem was, was die veranderlike verspreiding van die olyfvlieg, met Somerset Wes wat die hoogste populasie getalle gehad het, die seksuele volwassenheid van die vlieë asook die verspreiding van die reuk van die lokmiddels.

Die algemene gevolgtrekking was dat die lokval sisteem wat tans gebruik word deur Wes-Kaapse olyf boere bevredigend is. Hierdie bevinding laat nou toe vir verdere navorsing. Ekonomiese drempels en bestuurspraktyke vir die beheer van olyfvlieë kan nou vasgestel word sodat olyf boere die skade veroorsaak deur hierdie pes kan verminder.