Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Familielede kry saam doktors- en meestersgrade
Outeur: Corporate Communication / Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 16/03/2017

Jamie en Rosemary Cripwell, 'n paartjie van Stellenbosch, het vir etlike jare saam hard gewerk en nou ontvang hulle hul doktorsgrade in dieselfde week by die Universiteit Stellenbosch (US) se Maart 2017-gradeplegtigheid.

Jamie het Woensdag-oggend (15 Maart) sy doktorsgraad in Chemiese Ingenieurswese by die US se tweede gradeplegtigheidseremonie verwerf terwyl Rosemary op Donderdag (16 Maart) haar PhD in Mikrobiologie sal ontvang.

By dieselfde seremonie is grade ook aan studente in die Fakulteite Teologie en Ingenieurswese toegeken. Studente in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe het Woensdag-aand by die derde gradeplegtigheidseremonie hul grade en diplomas ontvang.

Jamie en Rosemary se PhD's tel onder die 140 nuwe doktorsgrade wat vandeesweek toegeken word en, tesame met die wat in Desember toegeken is, sal dit die aantal doktorsgrade  vir die 2016 akademiese jaar op 278 (in vergelyking met 2015 se 267) te staan bring.

"Dit is wonderlik dat ons ons doktorsgrade in dieselfde week ontvang. Dit was ook een van die redes waarom ons besluit het om dit saam te voltooi. Ons het mekaar gehelp en wedersyds geïnspireer," sê Jamie.

Hy praat met groot lof van sy vrou Rosemary en sê sy het hom aangemoedig om sy doktorsgraad te doen.

"Aanvanklik was 'n PhD was nie deel van my planne nie, maar Rosemary het my geïnspireer om te begin."

Die paartjie is oorspronklik van Johannesburg en het aan die Universiteit van die Witwatersrand ontmoet. Hulle het ook hul meestersgrade saam voltooi.Man en seun.jpg

Jamie sal na-doktorale navorsing aan die US doen en sê hy beplan om twee artikels oor sy doktorsgraad te publiseer bykomend tot die twee wat reeds verskyn het.

"Dit was nie maklik nie en frustrerend by tye," erken Rosemary, "maar ons het mekaar die hele tyd ondersteun."

Sy sê dit was goed om die PhD-studies saam met haar man binne drie jaar aan te pak, wat hulle as doelwit gestel het.

"Ons kon mekaar inspireer en idees uitruil. Dit was goed om dit te doen saam met iemand wat my as student en as persoon ken."

Meestersgrade in Musiek is ook Woensdag aan ma en seun, Louna en Pieter-Adriaan Stofberg, toegeken. Louna, wat haar graad cum laude verwerf het, is 'n orrelis en Pieter-Adriaan 'n tjellis.

"Dit was wonderlik en baie spesiaal om meestersgrade saam te doen," sê Louna. "Ons het mekaar aangemoedig en ondersteun wanneer dinge moeilik geraak het."

"Daar was baie oggende van vroeg opstaan en saamwerk aan ons studies," voeg Pieter-Adriaan by. "Daar was baie tyd vir die versterking van bande en koppies koffie!"

"Ek het dit vir myself en my eie verryking gedoen, ek het reeds baie in my lewe onderrig en was 'n musiekonderwyser vir etlike jare, ek is nou 'n orrelis in Hermanus," sê Louna. Pieter-Adriaan, 'n tjello-onderwyser by verskeie skole, was gemotiveerd om die meestersgraad aan die US te doen omdat die tjellis en dosent Anzel Gerber, wat sy studieleier was, hier is.

Verlede jaar het ma en seun saam die 'Rheinberger Suite' uitgevoer vir Louna se kamermusiek-eksamen. Die 'Rheinberger Suite' 'n stuk musiek wat die seldsame kombinasie van orrel, tjello en viool insluit. Pieter-Adriaan se verloofde was die violis. Hulle sal die stuk weer in Junie vanjaar op die FynArts-fees in Hermanus uitvoer.Ashwin.jpg

"Ons het soveel ondersteuning van ons familie ontvang," het Pieter-Adriaan gesê. "Dit is regtig onmoontlik om dit sonder 'n ondersteuningstelsel en mense wat jou vertel om voort te gaan te doen."

Ook onder die graduandi was Ashwin Phillips wat sy BA-honneursgraad in Sosiale Antropologie verwerf het. Ashwin, ʼn voormalige SciMathUS-student, doen vanjaar ʼn Meestersgraad in Sosiologie aan die US. Hy was deel van ʼn groep voormalige SciMathUS- en Hope@Maties-studente wat Woensdag hul grade ontvang het.

SciMathUS en Hope@Maties is twee universiteitsvoorbereidingsprogramme wat deur die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Pedagogie, SUNSEP, aangebied word en daarop gemik is om leerders toegang tot hoër onderwys te verleen.

Vir die 2016 akademiese jaar het 106 studente wat die twee programme deurloop het gegradueer.

  • Hooffoto: Jamie en Rosemary Cripwell
  • Foto 1: Louna en Pieter-Adriaan Stofberg
  • Foto 2: Ashwin Phillips
  • Fotograaf: Stefan Els