SUNStudent
Welkom by Universiteit Stellenbosch


Nuus​

 Voltooi

SUNStudent het ratte verwissel!

Die SUNStudent-projek het reeds `n ver pad gekom sedert die bekendstelling van die projek in 2019. Die Aansoeke- en Toelatingsbesigheidsareas het lewendig gegaan op 6 April 2021. Dit was `n merkwaardige mylpaal op die SUNStudent reis.

Ons tel die dae af…. SUNStudent “gaan lewendig”!!!

Ons is almal, soos wat die tyd nader kom, toenemend opgewonde oor die verwesenliking van die US se splinternuwe studente-inligtingstelsel, SUNStudent. Vanaf 00:01 op 6 April 2021 is voorgraadse aansoeke oop vir die US se 2022-inname.

SUNStudent Vier Finale Fases van Bloudruk-aftekenproses

Die einde van die Bloudrukontwerpfase vir die SUNStudent-projek is gevier in `n perfekte omgewing, omring deur gewaardeerde kollegas en leiers wat erkenning gegee het, en hulle opregte waardering uitgespreek het teenoo​r almal vir hulle aktiewe deelname, harde werk, en waardevolle bydraes tot die afteken van die Fase 2 en 3 Bloudrukdokumente.

SUNStudent Fase 1 virtuele opleidingsessies suksesvol voltooi

Gemengde emosies was aan die orde van die dag, aangesien die tyd om die nuwe wêreld van SUNStudent bekend te stel, en die “swart skerm” vaarwel toe te roep, `n realiteit begin word het.

SUNStudent behou goeie momentum en berei voor vir Fase 1 opleidingsessies

Oor die laaste paar maande moes elkeen fokus om aan te pas by die nuwe manier van werk, nuwe manier van vergaderings hou, nuwe manier van interaksie met kollegas om steeds te verseker dat daar by die sperdatums vir die afteken van die Bloudrukdokumente gehou word.

SUNStudent vier eerste projekmylpaal

Die SUNStudent-projek het sy eerste mylpaal te midde van die COVID-19-pandemie behaal. Ondanks die landswye inperking kon niks die vierings keer om erkenning en dank te betuig aan almal wat betrokke was by die bereiking van hierdie groot mylpaal nie.

Mandjie 4 - SUNStudent bereik groot mylpaal met die afhandeling van bloudrukwerkswinkels

Die bloudrukfase van die SUNStudentprojek het bestaan uit 32 besigheidsareas wat ingedeel was in 4 mandjies. Werskwinkels is gehou met US-personeel wat oor die relevante kennis beskik vir elkeen van die 32 besigheidsareas.

Mandjie 3 - SUNStudent-bloudrukwerksessies bied leergeleenthede en waardevolle insigte

Maandag 7 tot Vrydag 18 Oktober was ’n opwindende tyd vir die lede van die verskillende fokusgroepe wat aan die SUNStudent-bloudrukwerksessies vir mandjie 3 deelgeneem het.

Mandjie 2 - SUNStudent Bloudrukwerkswinkels sorg vir groot opwinding en interessante gesprekvoering

Die SUNStudent Bloudrukwerkswinkels vir die Mandjie 2-besigheidsareas wat bestaan uit finansiële ondersteuning (beurse), studentegelde en studentelenings het plaasgevind vanaf Maandag 12 Augustus tot Vrydag 23 Augustus.

Mandjie 1 - En so begin die SUNStudent-storie...

Die eerste fase van die SUNStudent-projek behels Bloudrukwerkswinkels waartydens al die relevante besigheidsareas met sleutelbelanghebbendes bespreek word.​ ​

 Persverklarings​​

 

 

Hipermoderne studente-inligtingstelsel plaas die US op ’n hoër vlakhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=6326Hipermoderne studente-inligtingstelsel plaas die US op ’n hoër vlakCorporate Communications DivisionSUNStudent
Stelselvernuwingsprojek loop uit op kontrakte vir voorpunttegnologie-stelselshttp://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=6305Stelselvernuwingsprojek loop uit op kontrakte vir voorpunttegnologie-stelselsProf Ian Cloete/Corporate CommunicationWith the recent signing of two software contracts the analysis, planning and procurement phases of Stellenbosch University's System Renewal Project (SRP) have now been concluded, paving the way for the implementation of two major systems for academic and