Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Vennootskapvorming vir toegang

Karen_Bruns_blogs.jpg
Wanneer jy ’n skenking aan die Universiteit Stellenbosch maak, word jy ’n vennoot in ons strewe om ’n gedeelde toekoms vir alle Maties te skep.

Van beurse en lenings tot kapasiteitsontwikkelingprogramme en studentsukses-inisiatiewe, stuur jou ondersteuning ons kundige studente in die wêreld uit, voorbereid om tot ’n beter toekoms by te dra. Hulle wil ’n verskil maak omdat jy ’n verskil gemaak het.

Met die ‘Vennootskapvorming vir Toegang’-beursvideoreeks wil ons die inspirerende stories van ons donateurs vier wat ’n ondersteuningsnet vir studente is wat hulle volle potensiaal wil bereik.

Jy kan ’n bydrae aan baie Maties se lewens maak deur aan die Maties-vir-Maties-beursfonds hier te skenk.  Óf die skenking R100 ’n maand van ’n individu af is, wat in ’n gesamentlike poel ingaan, en óf dit R100 000 van ’n korporaat, trust of stigting is, jy kan ’n impak maak: ’n veranderde lewe wat reg is om die wêreld te transformeer.

Kyk, hou van (“like”) en deel ons video’s op YouTube, Facebook en Twitter, om sodoende ook ’n rol in vennootskapvorming vir toegang te speel.

Karen Bruns
Senior Direkteur: Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge

  • Ontmoet die span

Phambili (Skenkersverslag)

Phambili_Autumn_2017_Page_01.jpg


Die tweede uitgawe van Phambili is hier. In hierdie uitgawe vat ons die hoogtepunte van die afgelope
drie maande saam en plaas ons die klem op vennootskappe met van ons donateurs.






Voorblad_Phambili.jpg

Ons is trots om die hersiene kwartaallikse skenkersverslag onder die naam
Phambili (die Nguni-woord vir vorentoe) aan u bekend te stel.






Paying It Forward: Die Amicus-fonds
Amicus_Fund_web.pngDie storie van die Amicus-fonds beklemtoon die mag van kollektiewe skenking. Ontmoet vir Mikhail Hendricks, US-regstudent en ontvanger van 'n Amicus-beurs, wat aspirasies het om 'n positiewe bydrae in Suid-Afrika te maak. Hy is op die punt om 'n US-alumnus te word, soos Aubrey Magerman, wat ook 'n beurs tydens sy studentedae ontvang het en tans 'n uitstekende beroepsmens in sy veld is. Aubrey "betaal vorentoe" (paying it forward) as 'n komiteelid en donateur aan die Amicus-fonds.

Leveraging a generational legacy: Die Crossley-stigting
crossley_web.jpgHierdie gevallestudie toon hoe organisasies soos die Harry en Doris Crossley-stigting bydra tot sistemiese verandering ten opsigte van uitdagings in die samelewing, deur die ondersteuning van universiteitstudente wat deelneem aan die skepping van oplossings wat ons wêreld nodig het. Ontmoet vir Linda Luvuno, 'n GreenMatter-genoot, wat een van die onlangse ontvangers van 'n Harry Crossley-beurs is. In die video ontmoet sy vir Linda Witfield, Direkteur van die Crossley-stigting, wat 'n passie het om die mag van studentepotensiaal te benut.

Investing in future talent: MMI Holdings Limited

MMI.pngGraduandi van die Universiteit Stellenbosch is gesog in die arbeidsmark. Simo Mvinjelwa, groepleier vir vaardigheidsontwikkeling by MMI Holdings, kyk al vir meer as 'n dekade na die US-studentepoel vir nuwe talent. Sy nuutste vangs is die slim en ondernemende Catherina de Villiers, 'n Aktuariële Wetenskap-graduandus wat vir seker haar merk aan MMI sal maak. Dit is slegs een voorbeeld van die kweking van potensiaal in vennootskap met universiteite, en die tegelyke verbreding van die talentpyplyn vir besighede.


Fostering Greatness: Die Dippenaar Familie-trust
Dippenaar.pngOor die laaste twintig jaar al help Laurie en Estelle Dippenaar studente om hulle potensiaal deur middel van die Dippenaar Family-trust te verwesenlik. Een so 'n student is Siyabonga Ndlovu, wat self 'n ontluikende entrepreneur is en wat maniere wil vind om werklike korporatiewe sosiale waarde te skep. Hierdie voorbeeld van 'n skenking toon duidelik hoe families (of groepe individue) 'n "lewende" nalatenskap kan maak deur tot studentesukses by te dra.

Raak Betrokke​
Jy kan op verskeie maniere finansieel betrokke raak by die Universiteit Stellenbosch: via 'n persoonlike skenking, 'n korporatiewe skenking, beurse, 'n internasionale skenking of selfs 'n testamentêre skenking. 

Persoonlike Skenkings
Skenkings kan direkte geldelike skenkings van enige bedrag in kontant, per tjek óf kredietkaart wees. 'n Skenking kan ook 'in goedere' wees. Die belastingaftrekbare bedrag is tot en met 10% van belasbare inkomste. Ons gerieflike aanlynskenkingsplatform maak skenking veilig en vinnig. Jou skenking word deur GivenGain hanteer – 'n veilige betaalportaal om aanlynskenkings te verwerk.  Kliek hier om te skenk deur middel van ons aanlynvorm. As alternatief, maak 'n skenking vanuit die veiligheid van jou eie internetbankdiens deur 'n elektroniese oorplasing te doen. 
  • Vir meer inligting, skakel gerus +27 21 808 2941.
​ 
Beurse
Om die heel beste studentetalent te werf, het die Universiteit Stellenbosch meer geld nodig as die finansiering wat die regering beskikbaar stel. Die klasgeld, huisvesting en lewenskoste van die gemiddelde voorgraadse student beloop R115 000 per jaar (vir gemiddeld drie jaar). Die gemiddelde nagraadse student vereis weer minstens R95 000 per jaar op magistervlak, en selfs meer vir PhD- of nadoktorale studie. 
  • ​Skakel met Nicoline Coetzer by +27 21 808 9160 of e-pos: nicoline@sun.ac.za.

Internasionale skenkings
Skenkings kan direkte geldelike skenkings van enige bedrag in kontant, per tjek óf kredietkaart wees. In die Verenigde State van Amerika en die Verenigde Koninkryk is daar belastingvriendelike maniere om 'n skenking aan die US te maak. Die volle randwaarde van 'n testamentêre  skenking kan ook afgetrek word om netto boedelbelasting te verlaag. Om deur middel van GivenGain te skenk, kies een van die volgende:
 
  • Ek woon in die Verenigde State van Amerika
  • Ek woon in die Verenigde Koninkryk
  • Ek woon elders (Bank: First National Bank; Bank address: 5th Floor, Media City nr 1, Heerengracht, Foreshore, Cape Town; Account Name: Stellenbosch University – Foreign income; Account Number: 621 0717 7083; Branch Code:  204 109; S.W.I.F.T. address:  FIRNZAJJ796. (Stuur bewys van betaling aan Lorenza George: lcg29@sun.ac.za, of faks na +27 21 808 3026 of +27 865 695 372.)

skenking_button.jpg




SnapScan
Skandeer die QR-kode hieronder met jou foon om 'n bydrae aan 'n mede-Matie te maak. 18A belasting sertifikate sal op aanvraag uitgereik word. 

StellenboschAlumni_DigQR.png

EFT 
As alternatief, maak 'n skenking vanuit die veiligheid van jou eie internetbankdiens deur 'n elektroniese oorplasing te doen.  Vul in die naam van die inisiatief wat jy wil ondersteun in die verwysingsveld van jou bank:
Onbeperkte skenkings
Bank naam:                 Standard Bank
Tak naam:                    Stellenbosch
Takkode:                      05 06 10
Rekeningnaam:          Stellenbosch Trust
Rekeningnommer:     073002437
 
Beperkte Skenkings
Bank naam:                 Standard Bank
Tak naam:                    Stellenbosch
Takkode:                      05 06 10
Rekeningnaam:         Universiteit van Stellenbosch
Rekeningnommer:    073006955
  • ​Stuur asb bewys van betaling aan Lorenza George by +27 21 808 3090 of  e-pos lcg29@sun.ac.za.

Korporatiewe Skenkings
Korporatiewe skenkings kan deur middel van jou maatskappy se beleid oor korporatiewe maatskaplike belegging, 'n borgskap of 'n filantropiese skenking geskied. (LW: Filantropiese skenkings hou belastingvoordele in.) Ons ontwikkelingspersoneel sal jou oor die belastingimplikasies van elk van hierdie strategieë adviseer. 
  • ​Skakel gerus +27 21 808 9262.  ​

Testamentêre skenkings
Jy kan die Universiteit as 'n begunstigde in jou testament benoem deur kontant, aandele of enige ander vorm van eiendom aan die US te bemaak. Die volle randwaarde van weldadigheidskenkings in jou testament is belastingaftrekbaar, en kan boedelbelasting aansienlik verlaag. Bemaking is maklik – stel bloot 'n nuwe testament op of voeg 'n kodisil toe aan 'n bestaande testament. 

  • E-brosjure en voorbeelde van erflatings aan Universiteit Stellenbosch.​​
  • Vir meer inligting, skakel asseblief met Hugo Steyn by +27 21 808 3615 of hugos@sun.ac.za.​