Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch University Corporate Identity

Handelsmerk van
die Universiteit Stellenbosch

Streef. Ontdek. Saam.

Ons is tans op reis om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te word wat wêreldwyd erkenning geniet vir ons akademiese uitnemendheid, inklusiwiteit en innovasie.

Dít vereis ’n nuwe handelsmerkidentiteit wat nie net ons komplekse verlede onder oë sien nie, maar ook ons visie vir die toekoms rig – ’n identiteit wat ons begeerte toon om saam na nuwe kennis te streef en dit te ontdek.

Waarom verander?

Ons handelsmerkidentiteit het oor die jare versplinter: ’n Oudit in 2017 het op 170 verskillende logo’s en voorstellings van ons universiteit afgekom. Ons moes dit regstel. Boonop bied ’n verenigde handelsmerk ons die geleentheid om die regte balans tussen ons akademiese erfenis en ’n nuwe visie van ’n meer inklusiewe toekoms te vind.

Ons het ’n klomp moeilike vrae gevra voordat ons met hierdie reis begin het. Klik hier vir antwoorde op van die gereelde vrae.

Ten einde konsekwentheid en akkuraatheid te verseker, sal die Afrikaanse handelsmerkhandleiding eers voltooi word nadat die Engelse handleiding gefinaliseer is. Tot tyd en wyl sal die Engelse handleiding op die Afrikaanse Korporatiewe Identiteit-webblad verskyn.

Stellenbosch University Corporate Identity

Ons handelsmerkbates

Ons handelsmerkbates is wat ons handelsmerk duidelik die Universiteit Stellenbosch maak. Hierdie bates is die sleutel tot ons uitstekende reputasie en deur hierdie instrumente te gebruik, sal jy 'n handelsmerkambassadeur word.

Nog steeds op soek na iets?

Ons volg ’n gefasseerde benadering tot die handelsmerkhernuwing. Daarom is sommige bates nog in wording. Ons werk egter tans hard daaraan om dit so gou moontlik beskikbaar te stel. Ons sal deurlopend ontbrekende aflaaibare template byvoeg. Hou dus hierdie ruimte dop en bly op hoogte van die jongste verwikkelinge deur die Universiteit se nuuskanale te volg.

Templaatgids Logos en fonte PowerPoint templaat Template vir digitale gebruik Visuele ontwerpelemente Bemarkingsmateriaal Skryfbehoeftes