Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lesing Aankondiging

U word hiermee vriendelik uitgenooi na die volgende lesing gereël deur die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies

By hierdie geleentheid sal Prof Ndaona Chokani 'n aanbieding gee met die titel:

''High Temporal and Spatial Resolution Simulations of Increased Renewable Penetration in Interconnected Power Systems''​

Datum:          Donderdag, 12 Mei 2016
Tyd:                13:00 – 13:45
Plek:              Kamer K303, Departement Meganiese & Megatroniese Ingenieurswese, 3rde vloer, Fakulteit  van Ingenieurswese, Universiteit Stellenbosch.

 

Prof. Ndaona Chokhani behaal sy B.A. (Honneurs -Eerste Klas), in ingenieurswetenskap aan die Universiteit van Oxford in 1984 en sy Ph.D. in ingenieurswese aan die Universiteit van Cambridge in 1988. Chokhani was vir 17 jaar 'n professor in die VSA, in Meganiese Ingenieurswese en Materiaalkunde aan die Duke Universiteit en in Meganies en Lugdiens Ingenieurswese aan die North Carolina State Universiteit.  Prof Chokani is sedert 2006 werksaam by die Laboratorium vir Energie omskakeling by ETH Zurich, waar hy die program in windenergie sowel as die program in energie, ekonomie en beleid, lei.  Ons sien uit daarna om u by hierdie geleentheid te verwelkom.  Moet dit nie misloop nie!

Kontak gerus Sandy Heydenrycht by 021 808 4069 of epos haar by crses@sun.ac.za