Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Manage PermissionsManage Permissions
|
Version HistoryVersion History
Varsity Cup 2014: Maties Ondersteunersklub

Die 2014 FNB Varsity Cup, aangebied deur Steinhoff International, begin op Maandag 3 Februarie 2014.  Die FNB Maties speel vier tuis- en drie wegwedstryde, waarna die top vier spanne sake in die semi-finale en finaal sal uitspook.

Die Maties se tuiswedstryde in die Cravenstadion is soos volg:

  • Maandag 10 Februarie vs UCT @ 16:45
  • Maandag 24 Februarie vs Wits @ 19:00
  • Maandag 3 Maart vs Shimlas @ 19:00
  • Maandag 17 Maart vs Tukkies @ 19:00
  • Maandag 24 Maart – Semi-finaal
  • Maandag 7 April - Finaal

Met die ondersteuning van die Matie Rugbyklub, gaan die Matie Ondersteunersklub (MOK) volgende jaar 'n groot poging aanwend om oud-Maties en ondersteuners weer op Coetzenburg bymekaar te kry. 

Deur 'n nominale lidmaatskapfooi van R150 te betaal, kry u die geleentheid om u seisoenkaartjies vir 2014 reeds te bespreek voordat die amptelike verkoop van seisoenkaartjies open. Die MOK se aanbod is beperk tot 700 kaartjies en sal toegeken word volgens die datums waarop die betaling ontvang word.  "Eerste in, eerste gehelp".

  • Bespreekte sitplekke, onderdak op die hoofpawiljoen in blokke B; C & F
  • Kaartjies geldig vir die semi-finaal en finaal
  • Kaartjies geldig vir die 2014 WP Groot Uitdaag liga-wedstryde
  • Toegang tot alle MOK ondersteunersfunksies in Die Stal voor en na die wedstryde
  • BONUS: Gratis Varsity Cup T-hemp of frokkie
  • Koste: R450

Voltooi asseblief 'n Ondersteunersklub-aansoekvorm, 'n afsonderlike vorm vir elke persoon, en e-pos of faks die voltooide vorm en bewys van betaling so spoedig moontlik aan cindyv@sun.ac.za of faks 021 808 4894 om u seisoenkaartjies en T-hemp te verseker. Hierdie aanbod is net geldig tot die 700 kaartjies uitverkoop is. Skakel gerus vir Cindy van der Merwe by 021 808 4561 indien u enige verdere inligting benodig.

Parkering is op die D & E velde agter die Danie Cravenstadion beskikbaar. Die parkeerpakket is R80 (geldig vir die 4 tuiswedstryde).