Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Oproep vir nominasies vir 2023 Jan H Marais-prys

​Nominasies word tans ingewag vir die grootste prys in Afrikaans, die Jan H Marais-prys. Die prys gee erkenning 'n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies van hoë gehalte in Afrikaans. 

Die prys ter waarde van R750 000 is in 2015 deur Het Jan Marais Nationale Fonds, Media24 en die Universiteit Stellenbosch (US) geskep. 

Persone, verdienstelike instellings of verenigings wat Afrikaans as akademiese taal bevorder, kan genomineer word. Die prys word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns geadministreer. Die Akademie stel jaarliks die keurkomitee bestaande uit vooraanstaande plaaslike en internasionale wetenskaplikes saam. 

Vorige wenners sluit in proff Herman Giliomee, Jaap Steyn, Jan van der Watt, Marinus Wiechers, Christo van Rensburg, Fransjohan Pretorius, Jean Sonnekus, Ina Wolfaardt-Gräbe, Hennie van Coller en Rufus Gouws.

Die sluitingsdatum vir nominasies is 19 Junie 2023. Die prys word op 8 September – wat ook Marais se verjaardag is – op Stellenbosch oorhandig. 

Tree met prof Anne-Marie Beukes by ambeukes@akademie.co.za of 083 675 8052 in verbinding vir verdere inligting. 

Klik hier om die advertensie te sien en hier om vir meer inligting oor die prys.