Die Lentelus-inentingsentrum in Hammanshandweg, Stellenbosch sluit eerskomende Vrydag, 29 April om 14:30.
Personeel en studente het steeds toegang tot verskeie ander inentingsentrums op Stellenbosch. Klik hier om ’n inentingsentrum te vind. Let asseblief op die volgende ten opsigte van inentings:
· Indien jy nog nie ingeënt is nie, moet jy op die “Electronic Vaccination Data System” (EVDS) registreer. Onthou om jou identiteitsdokument saam te neem wanneer jy ’n inentingsentrum besoek.
· Jy kan nou, wanneer jy in aanmerking kom vir ’n versterkdosis, kies tussen ’n Pfizer- of ’n J&J-versterker. Versterkdosisse sal slegs toegedien word indien die EVDS aandui dat jy gereed is daarvoor.
· Die tussenpose tussen die eerste en tweede (primêre) Pfizer-dosis is 21 dae. Jy kan 90 dae ná jou laaste Pfizer-dosis ’n versterkdosis ontvang.
· Die tussenpose tussen die primêre J&J-inenting en die versterkdosis is 60 dae.
Vir meer inligting oor die inentings, klik hier.