Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Onderriggenootskappe 2022

US Onderriggenootskappe 2022

Onderriggenootskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) is in 2009 daargestel met die tweeledige doel om 'n geleentheid vir uitstaande akademici te skep om hulle onderrigkundigheid te ontwikkel en die uitbreiding van die akademieskap van onderrig en leer aan die Universiteit te bevorder. Sedertdien het die US reeds 17 onderriggenootskappe befonds:

  • Dr. Elize Archer (Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Dr. Taryn Bernard (Verlengde Graadprogram, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe)
  • Dr. Margaret Blackie (Departement Chemie en Polimeerwetenskap, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  • Prof. Debby Blaine (Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, Fakulteit Ingenieurswese)
  • Prof. Elmarie Costandius (Departement Visuele Kunste, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe)
  • Dr. Berna Gerber (Afdeling Spraak-, Taal- en Gehoorterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Dr. Marianne McKay (Departement Wingerd- en Wynkunde, Fakulteit AgriWetenskappe)
  • Prof. Ian Nell (Departement Praktiese Teologie en Missiologie, Fakulteit Teologie)
  • Prof. Dana Niehaus (verhuis) (Departement Psigiatrie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Nicola Plastow (Afdeling Arbeidsterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Geo Quinot (Departement Publieke Reg, Fakulteit Regsgeleerdheid)
  • Prof. Ingrid Rewitzky (Vise-Dekaan: Leer en Onderrig, Fakulteit Natuurwetenskappe)
  • Dr. Michael Schmeisser (Departement Hortologie, Fakulteit AgriWetenskappe)
  • Dr. Gretha Steenkamp (Skool vir Rekeningkunde, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
  • Dr. Marianne Unger (Afdeling Fisioterapie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Prof. Susan van Schalkwyk (Sentrum vir Gesondheidsberoepe Onderwys, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
  • Dr. Helena Wessels (oorlede) (Departement Kurrikulumstudie, Fakulteit Opvoedkunde).

Die Universiteitskapasiteitsontwikkelingsplan (“UCDP") bied verdere befondsing vir twee onderriggenootskappe vanaf Januarie 2022. Die genootskappe bied uitnemende dosente en vakkundiges in onderrig en leer[1] die geleentheid om oor 'n volgehoue tydperk (een tot drie jaar), en met verskillende vorme van ondersteuning, op aspekte van kurrikulumvernuwing, die verkenning van onderrig en leer, en die verspreiding van goeie onderrig- en leerpraktyk in departemente en fakulteite te fokus.

Die sluitingsdatum vir aansoeke vir die 2022 Onderriggenootskappe is 1 November 2021.

Vir meer inligting, insluitende die bepalings van die genootskappe en die riglyne vir aansoeke, tree asseblief in verbinding met dr. Karin Cattell-Holden, kcattell@sun.ac.za.

[1] “[U]itnemende dosente en vakkundiges in onderrig en leer" verwys na dosente wat hul onderrigpraktyk navors, gegrond op opvoedkundige literatuur, en tot die kenniskorpus van onderrig en leer bydra deur die publikasie van hul bevindinge.​​