Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Onderhoudnaweek: 17 tot 20 September

Informasietegnologie sal gedurende die naweek van 17 September onderhoud uitvoer op verskillende komponente van die IT infrastruktuur. Gevolglik sal daar tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.

Kwartaallikse, geskeduleerde onderhoud vind plaas vanaf 16:30 Vrydag, 17 September tot 07:00 Maandag, 20 September. Verskeie IT dienste en stelsels word hierdeur geraak en kan gedeeltelik of in geheel nie beskikbaar wees nie.

Weens die omvangryke onderhoud en die noodsaaklikheid vir deeglike toetsing van stelsels en dienste kan onderbrekings Maandag ook voortduur.

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoë sal doen om onderbrekings tot die minimum te beperk. Vir navrae meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.