Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Heropen: Rekenaargebruikersareas

​Let asb daarop dat alle Rekenaargebruikersareas (RGA's) van vandag (14 Junie) af heropen om studente te help om vir komende eksamentydperk (21 Junie tot 24 Julie) voor te berei. ​

Rekenaargebruikersareas: Alle RGA's sal vir die duur van die eksamentydperk daagliks van Maandag tot Sondag van 08:00 tot 21:00 oop wees. Studente moet hul fakulteite se prosedure om toegang te versoek, volg. Vir meer inligting, besoek jou fakulteit se RGA-webblad.  ​

​COVID-19-veiligheid: Gebruikers van hierdie en alle ander ruimtes moet 'n masker dra en op 'n veilige fisieke afstand van ander bly. Studente word herinner aan die COVID-19-gedragskode vir studente wat na die kampus terugkeer en word versoek om alle COVID-19-protokols na te kom.​