Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lewer kommentaar op die konsepbeleid oor Geestesgesondheid

​Die nuwe Beleid oor die Geestesgesondheid van US Studente en Personeel is in die finale konsepfase en ons wil graag jou terugvoer hoor. Jy kan toegang tot die konsepbeleid hier kry: <https://bit.ly/32lfAxp>.

Vir die konsultasie-fase is slegs die Engelse dokument beskikbaar en dit sal daarna na Afrikaans vertaal word. Ons het die konsepbeleid aan alle US-studente en personeel beskikbaar gestel vir konsultasie en die afsnydatum verleng tot 18 Desember 2020. Ons wil jou sterk aanmoedig om jou siening, insig en terugvoering rondom die verskeie dele van die konsepbeleid, asook algemene kommentaar, met ons te deel. Ons sal ook verskeie webinare oor die konsepbeleid bied om addisionele kans vir bespreking daar te stel.

Deel asseblief jul eerlike opinie met ons. Jy kan 'n kort opname oor die konsepbeleid (https://bit.ly/326nzhG) voltooi en/of jy kan kommentaar stuur na mhpolicy@sun.ac.za.

Baie dankie vir jou tyd om ons te help met hierdie belangrike saak.