Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Belangrike kennisgewing vir US-personeel: verval van verlof

Personeellede van​ die Universiteit Stellenbosch (US) word vriendelik versoek om op die volgende besluit deur die Institusionele Komitee vir Bedryfsvoortsetting (IKBV) rakende verlof te let:

Die US se huidige verlofbeleid bepaal dat personeel verlof van die huidige jaar (bv 2020) binne twaalf maande ná die einde van die verlofsiklus (bv 31 Desember 2021) moet neem. Daar is egter tans werknemers wat nie al hul verlof vir 2019 kan benut nie.

Die rede is onder meer dat baie akademici nie verlof kan neem nie omdat die hersiene akademiese jaar (weens die COVID-19-uitbreking) nie voorsiening maak vir lang vakansies nie. 'n Aantal projekte word ook tans weens die COVID-19-beperkings vertraag. Dit sluit personeel in wat aan die SUNFin- en SUNStudente-projekte werk en wat nie in staat sal wees om groot hoeveelhede verlof voor 31 Desember 2020 te neem nie.

Die IKBV gee erkenning aan die feit dat werknemers ter wille van hul eie welstand steeds moet probeer om gedurende 2020 verlof te neem. Lynbestuurders word ook versoek om personeel aan te moedig om verlof te neem omdat dit noodsaaklik is om te rus en te herstel.

Daar is 'n besluit geneem wat omvattende goedkeuring verleen dat alle 2019-verlof wat nie teen die einde van 2020 geneem is nie, tot Julie 2021 oorgedra kan word. Enige verlof wat egter teen hierdie afsnydatum nog nie geneem is nie, sal verbeur word.

Enige 2019-verlof wat nie voor die einde van 2020 geneem word nie en wat na 2021 oorgedra word, sal egter nie uitbetaal word indien die personeellid uit hul pos by die US bedank nie. ​