Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Geleenthede en besprekings van lokale

​Personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch (US) moet asb daarop let dat besprekings vir alle gesellighede en geleenthede – insluitende huisdanse, werksessies, kortkursusse, opleidingsessies, sportgeleenthede en personeelbyeenkomste – ten sterkste afgeraai word, selfs al word die geleenthede vir baie later in 2020 beplan.

Die risikovlakke van die algehele inperkings sal na verwagting aangepas word, maar sosiale afstandskepping gaan in die komende maande steeds ’n belangrike riglyn bly. Dit is ook nie duidelik wanneer ons instelling weer ten volle sal begin funksioneer met alle personeel en studente terug op ons kampusse nie.

Die Institusionele Komitee vir Bedryfsvoortsetting (IKBV) het die volgende besluite geneem:

· Weens finansiële risiko’s word die bespreking van eksterne lokale vir funksies en geleenthede ontmoedig totdat duidelike riglyne beskikbaar gestel word.

· Enige US-omgewing wat met sulke reëlings voortgaan, sal vir alle verwante finansiële risiko’s verantwoordelik wees.

· Ooreenkomste wat met eksterne lokaalbesprekings verband hou, moet die toepaslike kwessies aanspreek en moet ten minste ’n klousule bevat dat die volle deposito terugbetaalbaar is indien die tydperk van algehele inperking verleng word, of indien riglyne rakende COVID-19 só ’n geleentheid verbied.

Vir dieselfde redes sal geen besprekings vir US-lokale tot verdere kennisgewing aanvaar word nie.