Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Private reisreëlings: jongste nuus oor COVID-19

Personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch (US) wat beplan om in hul private hoedanigheid plaaslik en internasionaal te reis, word versoek om ingeligte besluite rakende hul bewegings en die uitwerking van COVID-19 te neem.

Hoewel die Universiteit ’n tydelik verbod op die reis van personeel en studente na en van China, Suid-Korea, Italië en Iran geplaas het, kan die instelling nie personeel en studente verbied om in hul private hoedanigheid te reis nie.

Ten einde die risiko van die verspreiding van COVID-19 te beperk, sal personeel en studente wat tydens private reise COVID-19 mag opdoen, nie toegelaat word om na die werk, klas of koshuis terug te keer alvorens hulle nie geskik verklaar is om dit te doen nie.

Personeel en studente wat kies om gedurende hierdie tydperk te reis, word ook aangemoedig om die nodige inligting van hul reisversekeringsmaatskappy te bekom om vas te stel of hul versekering dekking bied vir voorvalle wat met die uitwerking van COVID-19 verband hou.

Die US het ’n gebeurlikheidskomitee bestaande uit verskeie kundiges, insluitende personeel van die Infeksiesiektes-sentrum (ISS), Infeksiesiektes-sentrum (ISS) en die Afdeling Mediese Virologie by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Analise (SACEMA), die US se Kampusgesondheidsdiens en ander, saamgestel. Hierdie komitee vergader weekliks en sal voortgaan om die situasie fyn dop te hou.

Die bestuur van die US doen ’n beroep op die Universiteitsgemeenskap om op hoogte van die jongste nuus oor die virus te bly deur gereelde plasings wat op sosiale media en die amptelike webwerf van die Universiteit geplaas sal word, te lees.

Klik hier vir meer inligting.