Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kennisgewing rakende parkeerplek gedurende Woordfees

Die jaarlikse Toyota US Woordfees skop volgende week af en vir die US as instelling is dit 'n voorreg om die tuiste van die Toyota US Woordfees te wees.

Die kampus bied ’n unieke atmosfeer vir so ’n fees, veral ook vir die Langtafel-ete op 5 Maart wat die amptelike opening van die 2020 Woordfees sal wees. Vanjaar verskuif die ete na die parkeerterrein voor Admin B omdat die sluiting van Ryneveldstraat in die verlede verkeersknope in die laatmiddagverkeersvloei veroorsaak het.

Om die voorbereidings vir 5 Maart te kan tref, sal die deel van die parkeerterrein langs die Wilcocks-gebou op 4 Maart vanaf 08:00 tot 16:00; en die volle parkeerterrein voor Admin B en Admin C op 5 Maart vanaf 07:00 die oggend, nie beskikbaar wees nie.

Personeel wat in hierdie areas parkeer, kan agter die US Museum parkeer en mag ook van die Woordfees-pendeldiens, asook die US-pendeldiens gebruik maak as u verkies om op Coetzenburg te parkeer. Die Woordfees-pendeldiens loop volgens ’n voorafbepaalde skedule. Kontak Khanita Rhode by krhode@sun.ac.za om pendeldiensvervoer te reël.

Parkeerplek sal weer op Vrydag, 6 Maart soos normaalweg beskikbaar wees vir gebruik.​