Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Laat- en instapaansoeke

Studente wat nie plek gekry het om in 2019 te studeer nie, word aangeraai om op die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding se “Central Applications Clearing House”-fasiliteit (CACH) te registreer.

Die CACH-fasiliteit lê die inligting van studente wat nog by ’n universiteit of tegniese en beroepsonderwys- en opleidingskollege (TVET) wil inskryf, vas sonder dat die studente in ’n lang tou by elke instelling afsonderlik hoef te staan, en dit verbeter hul kanse om plek te kry.

Voornemende studente kan toegang tot die CACH-fasiliteit verkry deur ’n SMS met hul naam en ID-nommer na 49200 te stuur, of deur https://cach.dhet.gov.za/ te besoek om hul besonderhede te registreer.

Aansoeke om in 2019 aan die Universiteit Stellenbosch te studeer, het reeds verlede jaar gesluit en geen nuwe aansoeke vir die huidige akademiese jaar word aanvaar nie. Aansoeke vir die 2020-akademiese jaar open in Maart 2019.