Die Biblioteek nooi hiermee senior studente (gevorderde meesters- of doktorale studente), met 'n sterk belangstelling in navorsing, om aansoek te doen vir poste as Navorsingsruimte assistente in die Carnegie Navorsingsruimte. Van suksesvolle kandidate sal verwag word om nagraadse studente in die Navorsingsruimte by te staan met algemene navorsingsondersteuning, IT foutopsporing, bibliografiese navrae en ander aktiwiteite.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Woensdag 31 Oktober 2018
Kontakpersoon: Elizabeth Moll-Willard, e-pos of tel: 021-8082125
Sien asseblief meer besonderhede hier.