Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aansoeke oop: Eksamentoesig in Oktober/November

Persone wat as toesighouers diens wil doen tydens die US-eksamens op die Tygerberg-kampus vanaf Maandag 2 Oktober tot Maandag 30 November 2017 het nou die geleentheid om aansoek te doen vir die posisie van eksamentoesighouer.

Vereistes:

  • Matrieksertifikaat
  • SA bankrekening en ID

* Voorkeur sal verleen word aan US nagraadse studente.

** Voorgraadse studente kwalifiseer ongelukkig nie.

Vergoeding:

  • R72,00 per uur,
  • plus 'n addisionele halfuur per eksamensessie vir opsieners,
  • en 'n addisionele twee ure per eksamensessie vir konvenors.

Vergoeding vir alle toesighouding vir die twee eksamengeleenthede sal einde November 2017 betaal word.

Aaansoeke:

Aansoekvorms sal beskikbaar wees vanaf Maandag 26 Junie 2017, Kamer 1050 of 1048, Kliniese gebou, Tygerberg-kampus of per e-pos by mdevries@sun.ac.za. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 14 Julie 2017.

Kontak: Marilyn de Vries, 021 938 9309. Indiening van 'n aansoekvorm waarborg nie aanstelling nie.