Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
HD Brede Prys vir Nagraadse Tuberkulose-navorsing 2017

Belangstellendes kan nou in aanmerking kom vir die HD Brede Prys vir Nagraadse Tuberkulose-navorsing 2017.

Agtergrond:

Hierdie toekenning is beskikbaar gestel om hulde te bring aan Prof HD Brede, die eerste professor in Mikrobiologie aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), en het ten doel om tuberkulosenavorsing binne die Fakulteit te stimuleer.

Kwalifisering:

Enige persoon wat steeds met die FGGW geaffilieer is, wat tuberkulosenavorsing as nagraadse student binne die FGGW gedoen het wat tot navorsingspublikasie(s) in 2016 of 2017 gelei het, waarvan die student die eerste outeur is. Die navorsingspublikasie(s) moet reeds gepubliseer wees of ten minste aanvaar wees vir publikasie teen 25 Julie 2017 om in aanmerking vir hierdie prys te kom.

Pryse: 

Twee toekennings sal in die volgende kategorieë gemaak word:

  • Biomediese navorsing (een toekenning) 
  • Kliniese navorsing (een toekenning)

Die pryse sal by Akademiese Jaardag oorhandig word en elk sal bestaan uit ‘n medalje met die pryswenner se naam daarop gegraveer.

Kriteria wat in aanmerking geneem sal word vir die toekenning van die prys:

  • Kwaliteit van die gepubliseerde navorsing
  • Kwaliteit van die publikasie
  • Kwaliteit van die vaktydskrif waarin die navorsing gepubliseer is, insluitende die impakfaktor

Aansoekproses:

Kandidate moet self aansoek doen en die volgende dokumentasie indien:

(1) Volledige Curriculum Vitae (insluitend publikasie-uitsette)
(2) ‘n Kopie van die relevante navorsingspublikasie(s)
(3) Bewys dat die publikasie(s) uit nagraadse studies by die FGGW gespruit het (bv. brief van die studieleier)
(4) Dui aan of die aansoek vir die Biomediese of Kliniese navorsingskategorie is.

Stuur dit in elektroniese formaat per e-pos aan Vusi April (vpa@sun.ac.za) teen 25 Julie 2017.