Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Registreer vir die ADA Winterskool

Doktorale studente, studieleiers en navorsers word genooi om aansoek te doen vir die 2017 Afrika Doktorale Akademie (ADA) Winterskool in Navorsingsmetodes en Akademiese Loopbaanontwikkeling. Die winterskool vind plaas vanaf 26 Junie tot 7 Julie.  Die twee week lange  program sluit in werkswinkels wat wissel van die sleutelkonsepte in metodologie , skryf en publikasie van 'n artikel in die loop van die doktorsgraad , SPSS en ATLAS.ti gebruik asook hoe om 'n universiteit dosent te word. Klasse word aangebied. Die winterskool gee deelnemers geleentheid om met doktorale kandidate en dosente van Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld te netwerk.

Kostes vir die Winterskool beloop R 6800 en sluit in klasgelde, studie materiaal, verversings, Wi-fi internet toegang, 'n konferensie sak asook buitemuurse aktiwiteite.

Sluitingsdatum: 26 Mei 2017

Kliek hier vir die program.

Vir meer inligting kontak  adainfo@sun.ac.za