Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Mei is Lupus-bewusmakingsmaand

​Mei is Lupus-bewusmakingsmaand en verskeie geleenthede word beplan. Lupus is 'n kroniese outo-immuunsiekte wat enige deel van die liggaam kan beïnvloed.

10 Mei is Wêreldlupusdag. Dra pers en steun bewusmaking oor Lupus.

Die Artritis-stigting van SA sal op 9 Mei 'n geleentheid aanbied met die tema "Lupus ken geen grense nie". 

Plek: Tafelberg-konferensiesaal, Groote Schuur-hospitaal

Tyd: 10:00-12:00

Gehoor: Volwassenes met Lupus en hul vriende/familie

Kontak: Julie Martin by julumartz10@gmail.com of 078 944 9569. 

'n Soortgelyke geleentheid met dieselfde onderwerp sal op 12 Mei op die Tygerberg-kampus aangebied word.

Plek: Lesingsaal C11, Tygerberg Akademiese Hospitaal

Tyd: 09:00-12:00

Gehoor: Personeellede; volwassenes en kinders met Lupus en hul vriende/familie

Kontak: Suster Diane Fortuin by 083 358 2308.