Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Spesiale praatjie deur prof Johann Mouton oor roofsugtige uitgewery

Roofsugtige Uitgewery is ʼn nuwe realiteit en bedreiging waarvan alle navorsers bewus moet wees en moet leer hoe om aan te spreek. Die werkswyse van roofsugtige uitgewers raak al hoe meer gesofistikeerd en Subkomitee B van die Navorsingskomitee het daarom bekommerd geraak dat US navorsers ook die slagoffer van hierdie konkelry kan raak. Hulle het daarom vir prof Johan Mouton gevra om sy kundigheid oor die onderwerp met hulle en die breër navorsingsgemeenskap te deel. U word dus uitgenooi na die volgende praatjie:

Titel:               The extent of predatory publishing by South African academics: results and consequences

Aanbieder:    Prof Johann Mouton (Direkteur van die Sentrum vir Navorsing oor Wetenskap en Tegnologie (SENWET) en die DST-NRF Centre of Excellence for Scientometrics and Science, Technology and Innovation Policy (SciSTIP))

Waar:             Kamer 4045 in die Wilcocks-gebou

Datum:          4 April 2017

Tyd:                13:00 – 14:00

RSVP:             30 March 2017 aan mfouche@sun.ac.za (die lokaal het beperkte sitplek, so bevestig asseblief u bywoning)