Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Manage PermissionsManage Permissions
|
Version HistoryVersion History
'n Nuwe ID binne 5 minute: slegs moontlik by US

​Geen lang rye, wag of frustrasie nie. Vinnig. Maklik. Effektief. Dit is wat jy kan verwag van die nuwe registrasieproses wat alle kliënte van die Sentrale Analitiese Fasiliteit (SAF) by Universiteit Stellenbosch sal moet gebruik om 'n unieke SAF ID-nommer in slegs vyf minute te ontvang.

 Vanaf 1 April 2017 sal alle SAF-kliënte 'n kliëntenommer benodig om van SAF-dienste gebruik te maak. Die Nasionale Navorsingstigting (NNS) se vereistes vir die rapportering van die gebruik van toerusting wat deur die Nasionale Toerustingprogram befonds word, is meer veeleisend vanjaar. Die NNS vereis dat die universiteit 'n omvattende profiel van elke gebruiker van hierdie toerusting vir 'n periode van vyf jaar nadat die toerusting in gebruik geneem is, verskaf. SAF het 'n effektiewe sisteem geskep vir die versameling van hierdie inligting binne slegs vyf minute van die kliënt se tyd. Kliënte sal versoek word om basiese inligting te verskaf wat deur die NNS benodig word, sowel as kontakinligting wat deur SAF benodig word en sal slegs een keer hoef te registreer om toegang tot alle SAF fasiliteite te hê. 'n Unieke SAF ID-nommer sal genereer word wat verskaf sal moet word wanneer kliënte 'n bespreking maak by een van die fasiliteite.

 Registreer vandag by www.sun.ac.za/caf en ontvang jou CAF ID-nommer.