Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Advertensie: Studente Assistente

​Die Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG), wat deel van die Afdeling Studentesake vorm, se primêre doel is studenteontwikkeling met behulp van ʼn breë spektrum kokurrikulêre aktiwiteite, wat onder ander leierskapontwikkeling en die integrasie van die studente se universiteitsbelewenis op verskillende vlakke insluit.

 Dit behels dus spesifiek die integrasie van die kurrikulêre en ko-kurrrikulêre universiteitsbelewenis van koshuis en dagstudente. Dit word prakties uitgevoerdeur die bevordering van die kluster-inisiatiewe en die vorming van gesonde luister-, leer- en leefgemeenskappe. Die bestuursprosesse van die SSG is waardegedrewe en word op navorsing en die welweesbenadering gegrond.

Die SSG wil vir die tydperk 1 Maart 2017 tot 30 November 2017 6 studente assistente aanstel in die volgende portefeuljes in die Sentrum:
  • Res-ed
  • Luister, Leer en Leef (LLL)
  • Privaat Studente Organisasie (PSO)
  • Multi-Kulturele Opvoeding
  • Mentor-Program
  • Algemene Administrasie
Pligte sal die volgende insluit:
  • Hanteer van die ontvangsarea
  • Ontvang van besoekers
  • Hanteer van inkomende oproepe
  • Liassering
  • Bode diens
  • Algemene administrasie mbt tot die portefeuljes
Vereiste: 
  • Moet voorheen in ʼn studenteomgewing gewerk het.
Werksure:15 uur per week
Vergoeding: R3745 pm
Sluitingsdatum: Vrydag 17 Februarie
Navrae: Gareth Cornelissen: 021 808 2028
Aansoeke: Epos jou CV aan clarissa@sun.ac.za