Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Resultate van onlangse MSc-studie verskaf ontwerpwaardes vir SA denne KLH
Outeur: Prof Brand Wessels
Gepubliseer: 17/02/2023

​Mnr MJ Jacobs (middel) het sy MSc-tesis met die titel: 'Uit-vlak sterkte en styfheidvoorspelling van SA denne-kruisgelamineerde hout' suksesvol verdedig. Die belangrikste gevolgtrekking was dat die skuif-analogie metode die beste voorspellings vir sterkte en styfheid van SA denne-kruisgelamineerde hout (KLH) gegee het. 'n Tabel van ongefaktoriseerde weerstand vir drie- en vyflaagoplegte wat Suid-Afrikaanse sterkteklasse gebruik, is vervaardig en strukturele ingenieurs in Suid-Afrika kan daardie tabel gebruik vir die ontwerp van KLH-geboue van SA denne. Sedert hy sy proefskrif ingedien het, het MJ by XLAM Suid-Afrika gewerk en is hy nou aangestel as Direkteur by Holzbau CPT waar hy verantwoordelik was vir die oprigting van 'n nuwe plaaslike glulamfabriek. MJ is hier saam met mnr. Michael Kloos (links), 'n strukturele ingenieur wat gereeld KLH-geboue ontwerp, en sy studieleier prof. Brand Wessels (regs). Die toekoms vir kruisgelamineerde hout lyk blink en ons wens MJ sterkte toe met sy loopbaan!