Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wêreldbevolkingsdag: Groeiende wêreldbevolking bring unieke uitdagings
Outeur: Mark Tomlinson
Gepubliseer: 11/07/2022

Wêreldbevolkingsdag word op Maandag 11 Julie gevier. In 'n meningsartikel vir News24, skryf prof Mark Tomlinson van die Instituut vir Lewensloop-gesondheidsnavorsing dat ons dapper leiers nodig het om die uitdagings wat met ʼn groeiende wêreldbevolking gepaardgaan aan te spreek

  • Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hier onder.

Mark Tomlinson*

Die wêreld se bevolking het op 11 Julie 1987 vyf miljard bereik. Nog 'n mylpaal sal in 2022 bereik word wanneer daar agt miljard mense op aarde sal wees. In die konteks van agt miljard, mag vyf miljard miskien nie na baie klink nie. Maar dit weerspreek die werklikheid van eksponensiële groei. In 1700 was die wêreldbevolking 600 miljoen, in 1803 het dit op een miljard gestaan en so onlangs as 1960 was daar net 2,5 miljard mense in die wêreld.

Die Verenigde Nasies (VN) het in 1989 Wêreldbevolkingsdag, wat jaarliks op 11 Julie herdenk word,  ingestel om die vyfmiljardkerf te gedenk. Vanjaar se tema is 'A world of 8 billion: Towards a resilient future for all - Harnessing opportunities and ensuring rights and choices for all' ('n Wêreld van agt miljard: Vorentoe na 'n lewenskragtige toekoms vir almal – om geleenthede te benut en regte en keuses vir almal te verseker). Hierdie belangrike, dog ietwat goedaardige tema bedek die omvang van hoe kontroversieel debatte en teorieë oor 'bevolking' nog altyd was en in dieselfde mate 'n skurkemuseum van rassiste, eugenetikusse, katastrofikusse en ook goedbedoelde demograwe. In hierdie stuk poog ek om te toon hoe 'n gesonde dosis skeptisisme aanvaarbaar is wanneer enigiemand oor bevolking begin praat – hetsy oor oor- (of soos ek sal toon) onderbevolking.

Ten slotte …

Ons moet die les onthou wat Fritz Haber ons geleer het. 'n Man blind met ambisie, 'n Duitse Jood wat 'n obsessie gehad het met aanvaarding en om 'n 'goeie Duitser' te wees. 'n Man wat miljarde mense van hongersnood gered het met sy uitvinding van kunsmis, maar ook een van die boosste mense wie se eksperimente met gifgas direk tot die uitvinding van die onbeskryflike afgryse in die loopgrawe van die Eerste Wêreldoorlog en die uiteindelike moord op ses miljoen Jode gedurende die Holocaust gelei het. Hoe kan een van die grootste en een van die slegsste uitvindings van die afgelope 100 jaar in dieselfde man gesetel wees? Watter les hou dit vir ons in? Wat ek hieruit leer, is eenvoudig. Wanneer politici, akademici, joernaliste en ingenieurs van elektriese motors hulleself onfeilbaar hou oor hul mees onlangse bekommernisse oor bevolking, moet jy seker maak dat jy hulle met meer as 'n gesonde dosis skeptisisme – indien nie selfs met volkome minagting nie – lees. Hulle skryf hoogs waarskynlik uit 'n ideologiese en bevreesde plek.

Wat ons nodig het, is dapper leiers wat in gelykheid glo en wat die komende uitdagings van voedselonsekerheid, klimaatsverandering en migrasie as iets beskou wat herstel moet word ter bevoordeling van alle mense en nie eenvoudig geïgnoreer moet word nie. Wat ons beslis nie nodig het nie, is 'n miljardêr met 'n voorneme om die Twittersfeer te oorheers nie.

  • Klik hier om die res van die artikel soos geplaas te lees.

​*Prof Mark Tomlinson is mededirekteur van die Instituut vir Lewensloop-gesondheidsnavorsing (ILCHR) in die Departement Globale Gesondheid aan die Universiteit Stellenbosch.