Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Suid Afrikaners kan hulle geskiedenis terug eis en hulle narratief besit
Outeur: Michaela Chetty
Gepubliseer: 08/06/2022

“Die ontneming van menseregte is die ontkenning van die menslikheid van mense"

 – Nelson Mandela

Dit was vir my ʼn ontsagwekkende oomblik om die Slawelosie in Kaapstad, ʼn gebou wat soveel diep Suid-Afrikaanse geskiedenis bevat, te betree. Hierdie ruimte was eens simbolies van onderdrukking, maar is omskep om mag uit te beeld. Dit het die vermoë van ons Suid-Afrikaners om ons geskiedenis terug te eis ten einde uiteindelik ons narratief oor te dra, aan my onthul. 

Ek het die ryk geskiedenis van Suid-Afrika geleer. Die nie-Eurosentriese, skilderagtige weergawe van ons storie. En hierdie geleentheid het my toegelaat om my vorige wanbegrippe oor die geskiedenis reg te stel. Om deur sekere uitstallings te stap, het die stryd in helder besonderhede lewe gegee. Om dit as ʼn vrygeborene te sien en ook na ons gids se persoonlike ervarings te luister, het my werklik gehelp om die grusame ervarings van die verlede empiries te verstaan. Nie slegs my akademiese en geskiedkundige kennis het grootliks gegroei nie, maar ek het ook meer empatie en deernis ontwikkel.

Ons is die geleentheid gegun om ons universiteitstruktuur onder die vergrootglas van maatskaplike geregtigheid te plaas. As ʼn diverse groep studente in ʼn leerruimte, kon ons die probleme wat die mikrokosmos van Stellenbosch teister krities bespreek en nadink oor hoe ons aktief kan bydra tot meer inklusiwiteit en die bevordering van menseregte as studenteleiers in ons roemryke instelling. 

Vir my was dit ʼn transformerende ondervinding. En iets waarvoor ek altyd dankbaar sal wees.