Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) Konferensie
Outeur: Division for Learning and Teaching Enhancement
Gepubliseer: 06/05/2022

​Die Universiteit van Stellenbosch se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking kondig graag die 15de aanbieding van die jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) Konferensie aan. Die doel van die konferensie is om 'n ruimte te skep waar akademici bymekaar kan kom om onderrig, leer en assessering by die instelling te deel en te vier. 

Ons beplan om hierdie jaar die konferensie hibriedies vanaf 24 – 26 Oktober 2022 aan te bied. Die konferensietema is “Assessering tel: Assesseringskultuur en -praktyke in heroënskou vir ʼn transformerende studente-ervaring". Vir meer inligting, besoek gerus https://www0.sun.ac.za/sotl/