Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vordering in fluoressensie-mikroskopie openbaar nuwe aspekte van weefselregenerasie
Outeur: E Els
Gepubliseer: 18/02/2022

​Onlangse ontwikkelings in fluoressensie-mikroskopie met spesifieke verwysing na ligblad-fluoressensie-mikroskopie (LSFM), multi-foton intra-vitale mikroskopie en superresolusie-mikroskopie word bespreek in 'n evaluasie artikel deur navorsers van die Universiteit Stellenbosch Sentrale Analitiese Fasiliteite en Departement Fisiologiese Wetenskappe. Die nuutste ontwikkeling van die kombinasie van die verskillende tegnologieë om mikroskopie van lewendige monsters te verbeter en die beperkings te oorkom, tot op 'n sellulêre vlak, word ook aangebied.

Vooruitgang in fluoressensie-mikroskopie is voordelig vir navorsing in vernuwingsgesondheid. Lewendige selbeelding is 'n kragtige instrument om die onderliggende meganismes van weefselregenerasie te verstaan.

Sommige van die mees uitdagende beperkings in mikroskopie, soos stadige afneemspoed, die resolusiebeperkinge van lig, lae sein tot geraasverhouding in dik monsters, sowel as fotobleiking en fototoksisiteit is oorkom deur onlangse vooruitgang in mikroskopie. In toepassings soos ligblad fluoressensie mikroskopie en intra-vitale multi-foton mikroskopie, is verbeterde diepweefsel beelding bereik, en super-resolusie tegnologieë het getoon om optiese resolusie te verbeter ver buite die diffraksie limiet van lig vir beter visualisering by die sellulêre en molekulêre vlak. Navorsers kan nou vir 'n lang tyd lewendige monsters met baie hoër resolusie afneem deur sekere tegnieke te kombineer. Vooruitgang in analitiese tegnologieë sal navorsers in staat stel om selfs beter begrip te kry van die prosesse wat betrokke is om uiteindelik stamselnavorsing in terapeutiese intervensies te omskep.

 

Die artikel ' Advances in fluorescence microscopy can reveal important new aspects of tissue regeneration' is in Biochimie (2022) gepubliseer en is aanlyn beskikbaar by https://doi.org/10.1016/j.biochi.2022.02.001​

 

Media onderhoude

Lize Engelbrecht

E-pos: lizeb@sun.ac.za