Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Virtuele Seminaar oor Leer- en Onderrigverryking: 21 Oktober 2021
Outeur: Dr Anthea H M Jacobs
Gepubliseer: 04/11/2021

“Die stem van opvoedkundiges, wat opvoedkundige teorieë op die voorgrond plaas, kan die narratief om die gaping tussen kunsmatige intelligensie en opvoedkundige teorie te oorbrug, verryk."

 

Dit was die kernboodskap wat deur Dr Sonja Strydom, Adjunk-Direkteur (Akademiese Ontwikkeling en Navorsing) by die Sentrum vir Leertegnologieë asook 'n Navorsingsgenoot by die Sentrum vir Hoër en Volwassene Onderwys, gebring is tydens die laaste van ʼn reeks van vier virtuele seminare wat deur die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking aangebied is. Die tema van hierdie jaar se virtuele Leer- en Onderrigverryking (LOV) seminaarreeks, is “Assessering". Dr Strydom het passievol op die huidige hoër onderwyslandskap reflekteer en die klem op onderrig en leer in die digitale ruimte geplaas. Sy het op twee wêrelde gefokus, naamlik die toenemende geoutomatiseerde wêreld en die wêreld in deurlopende behoefte vir gelykheid, diversiteit en inklusiwiteit. Gedurende die aanbieding het Dr Strydom enkele aksies wat kan poog om die gaping tussen hierdie twee wêrelde te oorbrug, uitgelig byvoorbeeld interdissiplinêre navorsing. Sy het ook voorgestel dat in diepte gesprekke, dialoog en praktyke van professionele ontwikkeling in verband met kritiese digitale onderrigmetodiek moontlikhede binne die konteks van Universiteit Stellenbosch vir die pad vorentoe is.

 

Dr Strydom het die seminaar met ʼn aanhaling van Selwyn (2014:6)[1], wat ons daaraan herinner dat “[Opvoedkundige tegnologie] moet as ʼn knoop van sosiale, politiese, ekonomiese en kulturele agendas wat deurtrek is van komplikasies, teenstrydighede en konflikte verstaan word." Dit impliseer egter nie dat ons moet ophou om beide wêrelde met ʼn sin vir innovasie en belangstelling, en daarmee saam diepe bewustheid van ons sosiale verantwoordelikheid, moet benader nie.

 

Hierdie seminaar is deur 51 personeellede van verskeie US gemeenskappe bygewoon met aktiewe deelname in die MS Teams klets. In die woorde van een van die deelnemers, “Die aanbieding was baie insiggewend en laat my met ʼn beter verstaan van hoe KI die veld van hoër onderwys beïnvloed."

 

Verdere inligting en toegang tot die opname van die seminaar is hier beskikbaar. ​

[1] Selwyn, N. 2014. Distrusting educational technology. Critical questions for changing times. New York: Routledge.