Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maak geslagsverskille in die hoogste range van leierskap werklik saak?
Outeur: Soraya Seedat
Gepubliseer: 23/08/2021

Maak geslagsverskille in die hoogste range van leierskap werklik saak, veral gedurende ʼn pandemie? Dit is die vraag wat prof Soraya Seedat van die departement Psigiatrie onlangs probeer beantwoord het in  Vrouemaand-artikel vir News24.

  • Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hieronder.

Soraya Seedat

Maak geslagsverskille in die hoogste range van leierskap werklik saak?

Ek dink al sedert die huidige pandemie leierskap en spesifiek geslagsgedifferensieerde politieke leierskap en besluitneming in fokus geplaas het, hieroor na. Aangesien ons vandeesmaand Vrouemaand vier, het ek gedink dit sal die geskikte tyd wees om hierdie kwessie van nader te bekyk.

'n Studie wat vroeg in die pandemie onderneem is oor die verhouding tussen die geslag van politieke leiers en die aard van hul lande se reaksies op die pandemie, het aangedui dat vroueleiers vinniger en beslister gereageer het as manlike leiers en maatreëls in hul land in werking gestel het wat 'n laer sterftesyfer weens COVID-19 tot gevolg gehad het.

Die prominente vroueleiers Angela Merkel van Duitsland en Jacinda Ardern van Nieu-Seeland kon byvoorbeeld hul lande behendig deur die aanvanklike klompie weke van die pandemie stuur met minder sterftes as baie van hul manlike eweknieë. Hierdie bevindings het nog steeds gegeld selfs nadat ander belangrike parameters soos die per capita BBP, grootte van die bevolking, verstedeliking, bevolking ouer as 65, jaarlikse gesondheidsbesteding per capita, aantal toeriste wat die land binnekom en geslagsgelykheid in die ontleding in ag geneem is. Nog 'n studie in 159 lande wat lande met vroueleiers met lande met manlike leiers vergelyk het, het soortgelyke tendense getoon. Lande met vroue aan die stuur het 'n voordeel gehad in openbare gesondheidsmetings wat beheer oor die verspreiding van COVID-19 aangedui het.

Wat gee aanleiding tot hierdie verskillende leierskapstyle?

Wel, afgesien van die goedgedokumenteerde stereotipes en persepsies in manlik-vroulike leierskapstyle (vroue toon meer gemeenskapsgedrewe gedrag en mans toon meer agentagtige gedrag), is daar biologiese en sielkundige verskille wat moontlik kan help om die verskille tussen lande in die bestuur van die pandemie en siekte-uitkomste te verduidelik.

Geslagsverskille in leierskap wat tydens die pandemie waargeneem is, verdien om verder wetenskaplik verken te word. Die waarheid lê waarskynlik iewers in die middel.

Klik hier om meer te lees oor wat *Professor Soraya Seedat, Uitvoerende Hoof van die Departement Psigiatrie aan die Universiteit Stellenbosch, oor die kwessie te sê het.