Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se top GR-kandidate gesels oor rede vir sukses
Outeur: SAICA
Gepubliseer: 11/08/2021

In die Augustus 2021-uitgawe van Accountancy South Africa, nuusbrief van The South African Institute of Chartered Accountants (SAICA), het die Instituut aangekondig dat 2 507 kandidate wat die eerste professionele eksamen, die Aanvanklike Toets van Bevoegdheid (ATB), van 2021 in April geskryf het, geslaag het.

Die ATB is die eerste van twee professionele, kwalifiserende eksamens wat universiteitsgraduandi  moet slaag om 'n GR(SA) te word. Daar is jaarliks twee sittings van die ATB, wat 'n kandidaat se vermoë toets om die onderliggende probleme in scenario's te evalueer en deur middel van kritiese denke die teoretiese kennis toe te pas wat hulle tydens hul akademiese programme verwerf het.

Die top 10 kandidate het almal die eksamen met lof geslaag (75% of meer). In die top 10 was vyf kandidate van die Universiteit Stellenbosch:

  • Hanne Mertens (1ste): Vir inligting oor Hanne se besonderse prestasie, kliek hier.
  • Sadiyah Wahab (6de)
  • Cameron Rencken (8ste)
  • Cayley Tarr (9de)
  • Stefano Filippi (10de).


  • ​Vir verdere inligting oor die bogenoemde kandidate en/of om die volledige artikel ITC candidates prove their mettle in the face of COVID-19's challenges (in Accountancy South Africa van Augustus 2021) te lees, kliek hier​.

  • Foto deur Amol Tyagi op Unsplash