Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
COVID-19-inentings vir personeel ouer as 35
Outeur: Prof Stan du Plessis & Prof Nico Koopman
Gepubliseer: 26/07/2021

26 Julie 2021

Beste kollegas

As belanghebbendes van Higher Health via die Universiteit Stellenbosch (US), het ons personeellede nou toegang tot die omvattende COVID-19-inentingstrategie vir die naskoolse onderwys-en-opleidingsektor, wat in ooreenstemming met die Departement van Gesondheid se landwye inentingsplan ontwikkel is.

Alle US-personeellede van 35 jaar en ouer – wat insluit voltydse, deeltydse en kontrakpersoneel sowel as nagraadse studente wat klas gee by die Universiteit – kom in aanmerking vir die volgende twee inisiatiewe, beginnende vandeesweek:

1. Van Dinsdag 27 tot Vrydag 30 Julie 2021, tussen 08:00 en 17:00 daagliks, kan hoëronderwyspersoneel – soos hierbo gedefinieer – na enige van meer as 2 000 gesondheidspersele in die openbare sektor landwyd gaan om teen COVID-19 ingeënt te word. Klik hier vir ʼn lys persele. Hoewel hierdie geleentheid op prioriteitsgrondslag aan ons sektor gebied word, sal werknemers van ʼn aantal staatsdepartement terselfdertyd by sommige persele gehelp word.

2. Nog ʼn opsie is om gebruik te maak van die spesifieke geleentheid in sekere tydgleuwe wat Higher Health van Vrydag 30 Julie tot Maandag 16 Augustus 2021 aan US-personeellede (dieselfde definisie as hierbo) beskikbaar stel by die Momentum-massa-inentingsfasiliteit by Parc Du Cap in Bellville. Jy sal spesifiek hiervoor moet registreer, soos hieronder verduidelik.

Ons verwelkom hierdie waardevolle geleenthede en moedig almal wat kwalifiseer aan om deel te neem. Om van enige van hierdie geleenthede gebruik te maak, moet jy op die nasionale Elektroniese Inentingsdatastelsel (“EVDS”) registreer. Jou opsies is: 

· Selfregistrasiewebportaal: https://vaccine.enroll.health.gov.za

· Skakel *134*832*ID-nommer# op jou selfoon. (Geen ID? – Skakel *134*832#)

· WhatsApp: Stuur die woord “REGISTER” na 060 012 3456.

· Tolvrye blitslyn: 0800 029 999

Om vir die Momentum-geleentheid te kwalifiseer, registreer asb hierbenewens ook op die US se databasis. Sodra jy geregistreer het, sal jy in kennis gestel word van die geskeduleerde tyd wanneer jy vir jou inenting na die perseel by Mispelweg 5, Bellville, moet gaan. Verdere inligting sal saam met die bevestiging van jou geskeduleerde tydgleuf voorsien word.

Vir enige van die twee geleenthede, onhou asb die volgende:

Verlof: Dien asseblief ooreenkomstig die personeelkennisgewing van 11 Junie (klik hier) ’n verlofaansoek in, en kies die opsie “Afwesigheidsverlof: Inenting”.

Identifikasie: Onthou asseblief om ’n geldige ID-dokument of paspoort saam te neem, sowel as jou US-personeelkaart of brief van die Universiteit. As jy na die Momentum-perseel gaan, neem asb ook jou mediesefondskaart saam (enige skema).

Om verdere inligting oor COVID-19-inentings te bekom, klik gerus hier vir ’n paar gereelde vrae en antwoorde.

Vir enige verdere vrae, kontak asb die US se: 

· Kampusgesondheidsdiens by chs@sun.ac.za of 021 808 3494/6 

· Menslike Hulpbronne by sun-e-HR@sun.ac.za of 021 808 2753/2484

Ons is besonder dankbaar vir hierdie geleenthede. Terselfdertyd werk ons ook nog aan ander inisiatiewe om te sorg dat al ons personeellede en studente so gou moontlik ingevolge die nasionale inentingsprogram bygestaan word. Sodra daar enige verdere ontwikkelings is, sal ons dit bekend maak.

Dit is in almal se belang – jou eie, jou familie én die algemene US-gemeenskap s’n – dat jy so gou moontlik ingeënt word. Maak asseblief gebruik van hierdie geleentheid óf van ’n alternatiewe inentingsopsie waartoe jy dalk toegang het.

Groete


Prof Stan du Plessis 

Voorsitter: Institusionele Komitee vir Bedryfsvoortsetting ​


Prof Nico Koopman  

Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie & Personeel​