Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Geleefde ervarings, unieke kontekste van studente belangrik in aanlyn onderrig
Outeur: Sonja Strydom & Miné de Klerk
Gepubliseer: 03/05/2021

'n Humaniserende benadering wat die geleefde ervarings en unieke kontekste van studente in ag neem, kan aanlyn onderrig en leer help fasiliteer, skryf dr Sonja Strydom (se Sentrum vir Leertegnologieë) en Miné de Klerk (Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking) in ʼn onlangse artikel vir University World News. Lees die gedeeltelik vertaalde weergawe van die artikel hier onder.

​Sonja Strydom & Miné de Klerk*

Die COVID-19-pandemie het veral verreikende gevolge vir Afrika se onderwyssektor ingehou. Terwyl aanlyn onderwysverskaffers oor die algemeen beter geposisioneer was by die tydperke van nasionale en internasionale inperking aan te pas, is die hele hoëronderwyslandskap deur die onvermydelike noodsaaklikheid beïnvloed om metodes van onderwys, navorsing en werk oor die algemeen te herdink.

Net soos in baie ander ontluikende ekonomieë, gebruik tersiêre inrigtings in Suid-Afrika al hoe meer digitale tegnologieë as bemiddelende instrumente vir leer, onderrig en assessering. Toe die pandemie toeslaan, was sommige universiteite dus gereed om 'n vorm van ondersteunende infrastruktuur in werking te stel vir tydperke van afstandsleer. Ondanks die moontlike gereedheid van instellings met toegang tot finansiële hulpbronne om gemengde leer te ondersteun, is kwessies soos toegang en verskillende leer- en werkervarings waargeneem. Soos verwag is, is hierdie kwessies net vererger tydens universiteite se dringende oorskakeling na nood-afstandsleer (ERT). Die skielike tydperk van ERT het ook 'n voorgesette bewustheid van die behoefte aan 'n humaniserende benadering tot leer en onderrig – veral in die digitale era – genoodsaak.

Net soos by baie ander Suid-Afrikaanse hoëronderwysinrigtings, het ons by die Universiteit Stellenbosch (US) ook probeer om hierdie noodkwessies aan te spreek deur te poog om selfoondata vir studente te verseker, om skootrekenaars uit te leen aan diegene wat dit nodig gehad het, en om beide akademici en studente by te staan deur geteikende webinare aan te bied wat op 'n verskeidenheid onderwerpe gefokus het soos om aanlyn leeraktiwiteite te heroorweeg, om data-ligte hulpbronne te verduidelik en hoe om op studente se insette in die aanlyn ruimte te reageer.

Hierdie tipe bewustheid van 'n humaniserende benadering was ook een van die temas wat herhaaldelik voorgekom het in verskeie hoofstukke van 'n samewerkende oop opvoedkundige e-boekprojek by die US. Akademici en kollegas van die US se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking is uitgenooi om hul denke oor ondervindings ten opsigte van onderrig, leer en assessering gedurende die inperking te deel. Die nadenke van akademici wat onderrig gee, het getoon dat hulle 'n beter begrip van die geleefde ervarings en unieke kontekste van hul studente wou hê terwyl hulle probeer het om 'n band met hul klas regoor die grense van digitale toestelle en die digitale skeiding te bou, skryf dr Sonja Strydom, die Adjunkdirekteur (Akademiese Ontwikkeling en Navorsing) by die Universiteit Stellenbosch (US) se Sentrum vir Leertegnologieë, en Miné de Klerk, Projekbestuurder vir Hibridiese Leer in die US se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking. Hierdie artikel is gegrond op hul hoofstuk in Responding to the necessity for change: Higher Education voices from the South during the COVID-19 crisis (2020). Om die volledige artikel te lees, klik hier.