Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US studie toon dat tuisaflewering van medisyne noodsaaklik was tydens Covid-19
Outeur: FMHS Marketing & Communications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Anina Visser
Gepubliseer: 06/04/2021

Metro Gesondheidsdienste (MGD) het onlangs vir prof Bob Mash van die Universiteit Stellenbosch (US) opdrag gegee om ʼn evaluering te doen van die tuisaflewering van medisyne deur gemeenskapsgesondheidswerkers tydens die Covid-19-pandemie en aanbevelings te maak vir toekomstige beleide.

Mash, die hoof van die Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), sê dat tuisaflewering van medisyne deur gemeenskapsgesondheidswerkers ingestel is ingevolge die pandemie vir hoofsaaklik twee redes. Hierdie diens help nie net om druk op primêre sorg-fasiliteite te verlig nie, maar dit hou ook pasiënte met kroniese toestande soos MIV of diabetes uit hierdie fasiliteite waar hulle die risiko loop om aan Covid-19 blootgestel te word. 

“Ons weet pasiënte uit hierdie groepe vaar nie goed as hulle Covid-19 opdoen nie, en hulle het ʼn hoër risiko vir sterfte," verduidelik Mash. “Ons het ontsaglik baie mense op kroniese medikasie en die grootste MIV-program in die wêreld. Een uit elke vier Suid-Afrikaners ouer as 45 het diabetes. Ons moet opeenhopings by gesondheidsorgfasiliteite voorkom sodat klinici hulle tyd en aandag kan fokus op pasiënte wat onstabiel of siek is."

Dit was nodig dat die tuisafleweringsdienste vinning, en sonder die gewone beplanning en konsultasieprosesse ontplooi word. Gevolglik was daar kommer oor die finansiële en wetlike implikasies ten opsigte van die aflewering van medikasie by pasiënte se huise deur gemeenskapsgesondheidswerkers. Die MGD het vir Mash ʼn navorsingstoekenning van R150 000 gegee om hierdie dienste te evalueer.

Tesame met sy span, wat bestaan het uit drs Darcelle Schouw, Emmanuelle Daviaud, Donela Besada en mnr Darrin Roman, het Mash ʼn gekonvergeerde- gemengde metodes studie gedoen om die implementasie-uitkomste te evalueer. Die studie het op die tydperk van April tot September 2020 gefokus toe die Covid-19-pandemie begin het en tuisaflewering geïmplementeer is.

Onderhoude wat met bestuurders en gesondheidsorgwerkers van alle substrukture, fasiliteite, organisasies sonder winsbejag gevoer is; inligting wat reëlmatig ingesamel is oor die tuisaflewering en terugneem van pakkies; asook ʼn kosteanalise van inligting wat deur MGD ontvang is, het die kwantitatiewe data vir die studie verskaf.

Die evaluering het bevind dat die tuisafleweringsdiens oor die algemeen suksesvol wat om druk van fasiliteite te verlig en het beslis die lewens gered van mense wie andersins blootgestel sou word aan Covid-19-infeksie. So te sê al die pasiënte het die diens behulpsaam gevind en wou hê dat dit moes voortgaan. Dit het nie slegs hulle risiko vir infeksie verminder nie, maar het ook hulle tyd en geld gespaar.

“My aanbeveling, wat ook deur die pasiënte, gesondheidswerkers en bestuurders geëggo is, is dat hierdie diens moet voortgaan," sê Mash. Nieteenstaande voeg hy by dat gemeenskapsgesondheidswerkers nie al hulle tyd kan deurbring om medisyne af te lewer nie en ʼn alternatiewe spyskaart van medisyne afleweringstelsels is nodig. “Ek het ʼn mengsel van alternatiewe optelpunte insluitend die moontlikheid van slim sluitkaste; kolleksie as deel van gemeenskapsgebaseerde nakoming; en ondersteuningsgroepe asook as tuisaflewering voorgestel."