Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Internettoegang en selfoondata vir die 2021 akademiese jaar
Outeur: Prof Stan du Plessis: ICBC Chair
Gepubliseer: 04/03/2021

​Beste studente

Die Universiteit Stellenbosch verwelkom eersdaags al ons studente op ons kampusse vir die 2021 akademiese jaar, afhangende van nasionale regulasies. Dit laat die vraag onstaan oor dataverskaffing aan studente, soos wat die Universiteit in 2020 gedoen het.

Die Universiteit verskaf gratis WiFi-internettoegang aan geregistreerde studente op ons kampusse. Rekenaargebruikersareas (RGA's) sal ook tot geregistreerde studente se beskikking wees deur middel van 'n besprekingstelsel, afhangende van ruimtebeperkings en die akademiese rooster.

Daarom sal daar in hierdie stadium geen oorkoepelende private selfoondatabondels aan studente verskaf word nie. Die Universiteit sal dit egter oorweeg om sodanige databondels aan studente te verskaf wat nie na ons kampusse kan terugkeer nie weens gesondheidsoorwegings soos onderliggende siektetoestande. Studente wat vir sulke bondels aansoek doen, sal versoek word om die rede vir hul aansoek te verstrek. Klik hier om aansoek te doen.

Om vir 'n databondel in aanmerking te kom, moet jy weer jou selfoonnommer op jou persoonlike inligtingsblad (werk jou besonderhede hier by) bevestig. Om te bevestig, moet jy op die Update Information-knoppie onderaan die bladsy klik en dan seker maak dat die kennisgewing die datum vertoon waarop jy jou besonderhede opgedateer het.

Let asb daarop dat die voorsiening van data slegs vir geregistreerde studente oorweeg sal word. Self-registrasie kan vanaf enige rekenaar met internettoegang gedoen word op www.maties.com. Vir verdere inligting, volg die skakel na registrasie op www.sun.ac.za of klik hier asb.

Die projek om skootrekenaars aan studente uit te leen word ook weer vanjaar hervat. Rig aansoeke aan student@sun.ac.za

Raadpleeg asb die spesiale COVID-19-webblad op die US se webwerf vir nuttige inligting, insluitende antwoorde op vrae wat gereeld gevra word, asook 'n rekord van alle skrywes en bywerkings sedert die begin van die pandemie.

Pas jouself asb op en wees veilig.

Prof Stan du Plessis
Voorsitter: Institusionele Komitee vir Bedryfsvoortsetting
Universiteit Stellenbosch​