Virtuele Seminaar oor Leer- en Onderrigverryking: 25 Maart 2021
U
word uitgenooi na die eerste seminaar van die Virtuele Seminare vir Leer- en
Onderrigverryking vir 2021, onder beskerming van die Viserektor (L&O), Prof
Deresh Ramjugernath, en die Afdeling Leer- en Onderrigverryking.
Onderwerp
Kan en moet assessering ʼn gerigtheid op die samelewing en
maatskaplike geregtigheid bevorder?
Aanbieder
Dr Margaret Blackie
Kort biografie
Dr Margaret Blackie is ʼn senior dosent in die
Departement Chemie en Polimeerwetenskap, waar sy dosent in chemie is. Sy het in
2020 die Suid-Afrikaanse Chemiese Instituut se Onderrigmedalje ontvang, en die
US se Toekenning vir Voortreflike Onderrig in die kategorie ‘Uitgelese Dosent’.
Sy is ook ʼn US-onderriggenoot. Haar navorsingsbelangstellings sluit sintetiese
chemie en opvoedkunde in, en sy onderrig Chemie in die Departement van Chemie
en Polimeerwetenskap, Fakulteit Natuurwetenskappe aan die US.
Reklameteks
Hierdie
seminaar verken die verband wat getrek kan word tussen hoe ons studente in
‘STEM’-dissiplines (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde)
assesseer en die aankweek van ʼn gerigtheid op die breër samelewing, waarmee
bedoel word ʼn sin van onderlinge verbondenheid tussen die self en ander. Uit
die perspektief van kritiese teorie behoort opvoeding ʼn verskuiwing te
fasiliteer van die begrip van die individu as outonoom, na die individu as lid
van ʼn groter samelewing. Ons beskryf ʼn longitudinale studie onder voorgraadse
studente in chemie en chemiese ingenieurswese aan universiteite in die
Verenigde Koninkryk, Suid-Afrika en die VSA. Volgens die studente se respons op
assesseringstake toon slegs ʼn baie klein aantal enige gerigtheid op die
samelewing. Hierdie uitslag is verrassend en ietwat ontstellend, omdat die
kurrikulums van die meeste programme wat nagevors is, ʼn aantal samelewingsverwante
assesseringstake insluit. Dit is dus duidelik dat meer as die doelbewuste
insluiting van samelewingsverwante aktiwiteite in die kurrikulum of as
assesseringstake nodig mag wees om die ideaal te verwesenlik van hoër onderwys
wat op die samelewing en maatskaplike geregtigheid ingestel is.
Hierdie
seminaar is ʼn klein deeltjie van ʼn groot projek getiteld Die Begrip van Kennis
en Studente-agentskap, ʼn internasionale gesamentlike onderneming gelei deur
prof Paul Ashwin van die Universiteit van Lancaster. Margaret Blackie sal die
seminaar aanbied, maar die referaat, wat tans ewekniebeoordeling ondergaan, is
deur Jan McArthur, Margaret Blackie, Nicole Pitterson en Kayleigh Rosewell geskryf.
Tyd: 13:00 – 14:00, 25 Maart 2021 op MS Teams
Skakel vir die Microsoft
Teams vergadering
Click here to join the meeting
Navrae: Anthea Jacobs (jacobsa@sun.ac.za)