Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Welkom aan 2021 se nuwe eerstejaarstudente in die Fakulteit Natuurwetenskappe
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 02/02/2021

Die Fakulteit Natuurwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch wil jou graag hartlik verwelkom as nuwe eerstejaarstudent van 2021.

Ten spyte van al die uitdagings wat die COVID-19-pandemie en inperkingsregulasies aan ons gestel het, is ons gereed om jou 'n opvoeding van wêreldklasgehalte in die natuurwetenskappe te bied; van aangesig tot aangesig, sowel as via ons aanlyn platforms.

Alvorens ons jou op 4 Maart op kampus sal verwelkom, wil ons jou aanmoedig om gebruik te maak van die aanlyn inskakelingsprogram op SUNLearn en jouself te vergewis van die binnewerke van die Fakulteit en sy akademiese programme. Gebruik asseblief jou studente- e-posadres en wagwoord vir toegang tot die Universiteit Stellenbosch se algemene aanlyn inskakelingsprogram vir eerstejaars, sowel as die Fakulteit Natuurwetenskappe se spesifieke aanlyn inskakelingsprogram by die volgende skakels:

Prof Stan du Plessis, voorsitter van die Institusionele Komitee vir Bedryfsvoortsetting van die Universiteit Stellenbosch, het personeel en studente verseker dat die Universiteit daartoe verbind is om die 2021 akademiese jaar suksesvol aan te bied en te voltooi: “Ons is vanjaar beter voorbereid, en ek is vol vertroue dat ons die uitdagings wat hierdie jaar ongetwyfeld sal bring, met dieselfde selfvertroue die hoof sal kan bied". Klik hier om sy boodskap te lees en hou die Universiteit se webblad dop vir nuwe aankondigings en besonderhede oor die verwelkomingsprogram.  

En 'n woord van Prof Louise Warnich, Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe: “Ek hoop jy voel vinnig tuis, ten spyte van die ongewone omstandighede van hierdie akademiese jaar. Alles van die beste vir jou nuwe lewe as 'n Matie!"