Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Anatomie-dosent verkies tot voorsitter van US se Institusionele Forum
Outeur: FMHS Marketing & Commuications / FGGW Bemarking & Kommunikasie – Susan Erasmus
Gepubliseer: 07/01/2021

Mnr Bryan Bergsteedt is verkies as die voorsitter van die Universiteit Stellenbosch se Institusionele Forum (IF) vanaf 2021 tot 2023.

Bergsteedt, wat 'n MSC-graad in Menslike Anatomie het, is 'n dosent in die Afdeling Kliniese Anatomie by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) by die Universiteit Stellenbosch (US).

As een van die US se primêre statutêre liggame, het die IF die verantwoordelikheid om die Raad te adviseer oor transformasie en beleidsake wat 'n inpak kan hê op die strategiese doelstellings van die Universiteit.

"Die IF speel 'n belangrike rol daarin om te verseker dat die stem van die breëre sektor by die US gehoor word, veral dié van onderverteenwoordigde groepe, soos ondersteunings- en tegniese personeel, en die Stellenbosch-gemeenskap self," het Bergsteedt gesê.

Hy benadruk dat, as die voorsitter van hierdie liggaam, dit sy plig is om te verseker dat hierdie stemme gehoor word.

Bergsteedt beskryf die hooffunksie van die IF synde die advisering van die Raad oor die volgende kwessies wat die Universiteit affekteer:

  • Die implementering van die Wet op Hoër Onderwys en die nasionale beleid vir hoër onderwys;
  • Ras- en geslagsgelykheidsbeleide;
  • Die implementering van die Diensbillikheidsplan;
  • Transformasie van alle strukture;
  • Die kies van kandidate vir senior bestuursposisies, insluitende dié van die rektor se bestuurspan;
  • Gedragskodes, mediasie en dispuutoplossingsprosedures; en
  • Die bevordering van 'n institusionele kultuur wat verdraagsaamheid, asook 'n respek vir fundamentele menseregte bevorder, en ook 'n paslike en wêreld-klas omgewing skep waarbinne onderrig, leer en navorsing kan plaasvind.

Hoe Bergsteedt aanvanklik by die IF betrokke geraak het

Bergsteedt kom al 'n lang pad saam met die IF, sedert die tyd wat hy 'n tweede-jaar student was aan die US, en begin betrokke raak het by die breër studentegemeenskap.

"Kort daarna het ek die Fakulteit Wetenskappe se Natuurlike Wetenskappe-studentekomitee se voorsitter geword," vertel hy van daardie vroeë jare. "As gevolge van hierdie posisie wat ek beklee het, is ek aangestel op die US se Raad vir Akademiese Sake, waar ek eindelik op die uitvoerende komitee ingestem is. Ek was die Akademiese Sake-Raad se lid wat in 2014 aangestel is om op die IF te dien."

Dinge was toe baie anders as nou, as gevolg van die samestelling van die komitee wat heel verskillend gelyk het, en hy het sy rol 'n uitdagende een gevind. "Dit was moeilik om 'n kopie van die agenda en die notules in Engels in die hande te kry, wat dit partykeer moeilik gemaak het om sake te volg in die vergaderings, en ook om te stem oor beleids- en prosedure-aangeleenthede."

Na sy termyn as student, was hy vasbeslote om in sy kapasiteit as voltydse dosent by die FGGW, voort te gaan om 'n bydra te lewer aan sy alma mater se omgewing op 'n verskeidenheid van wyses.

"Vandag voel ek trots op die pad wat my gelei het tot waar ek is, ten spyte van hoe moeilik dit by tye was. Op die ouderdom van 27, is ek beide die jongste en die eerste Swart voorsitter van hierdie sentrale statutêre liggaam by die Universiteit," sê Bergsteedt.

Buiten sy akademiese betrekking, is hy ook die besoekende hoof van die Private Studente-organisasie se kantoor, en hy gaan voort daarmee om betrokke te wees op verskeie vlakke en by te dra binne die raamwerk van sy fakulteit.

Wat Bergsteedt hoop om in sy nuwe rol te bereik

Hy meld die groot effek van sy agtergrond en ondervindings op die besluite wat hy moet neem.

"Ek was 'n eerste-generasie student in my familie. My ma, 'n weduwee, het gesukkel om te betaal vir haar kinders se universiteitsopleiding. Ek het egter geweet dat ek gehoort het in hierdie opset. Ek was ook betrokke by die 2015 #FeesMustFall studente-beweging, End Outsourcing, en veldtogte teen geslagsgebaseerde geweld, en hierdie ondervindings het bygedra daartoe om 'n agtergrond te skep waarteen belangrike institusionele besluite, wat so baie lewens affekteer by die US, gemaak kon word."

Hy gee erkenning aan die leiding en mentorskap wat hy ontvang het van dr Celeste Nel, Direkteur van die Sentrum vir Toelatings en Koshuisplasings, en voormalige voorsitter van die IF. Hy meld ook die rol wat gespeel is deur verskeie Swart akademici wat voortgaan om hom te inspireer, en om mentorskap te bied binne 'n milieu wat by tye nie besonder inklusief was nie.

"Hierdie is lewenservarings wat ek met my saamdra, en wat definieer wie ek is. Ek hoop om inspirasie hieruit te put gedurende my termyn as voorsitter van die IF, waar ek hoop om 'n statutêre liggaam te skep wat alle stemme verwelkom, ongeag posvlakke, en wat transformasie onderlê in alle vorms wanneer sentrale besluite geen word wat 'n blywende effek sal hê op die vele sektore by die US," sê Bergsteedt.