Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerste prys vir konsep 'skoon, groen huis'
Outeur: Corporate Communication and Marketing Division
Gepubliseer: 10/12/2020

​'n Konsep “skoon, groen huis' wat deur personeel, studente en onlangse gegradueerdes van die Universiteit Stellenbosch (US) se Instituut vir Volhoubaarheid en die Universiteit van Kaapstad (UK) ontwerp is, het die eerste prys in die Stad Kaapstad en Suid-Afrikaanse Raad vir Groenbou se ontwerpwedstryd verower. Die wedstryd, wat op studente en professionele praktisyns in die bou-omgewing gemik is, daag deelnemers uit om 'n nulkoolstofhuis te ontwerp wat in 2021 as deel van die Kaapstad Toekoms-energiefees ten toon gestel sal word.

Die groep, wat as Span Mahali bekend staan, is gewoond aan toekennings.

Die span het einde verlede jaar die tweede plek in die argitektuur-kategorie van die Solar-dekatlonkompetisie in Marokko verower. Dit was 'n internasionale ontwerpwedstryd wat studente uitgedaag het om volhoubare “groen" huise te ontwerp en te bou wat slegs sonkrag gebruik. Die span het hul sonkrag-aangedrewe “groen" huis in 'n sonkrag-dorpie in Benguerir, noord van Marrakesj gebou.

Klik hier om 'n artikel oor hul wen-huis wat op die Stad Kaapstad se webwerf verskyn het, te lees.

*Foto's deur Stad Kaapstad verskaf. ​