Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Sake-idees word op die proef gestel by USB se 2020-leeukuil
Outeur: Amber Kriel, USB
Gepubliseer: 10/11/2020

'n Enkele, insiggewende sake-idee kan die manier waarop ons leef vir altyd verander. Sluit aanlyn by ons aan vir Lion's Den 2020, waar belowende entrepreneurs hul huidige of nuwe sake-idees op die proef stel in 'n poging om as die wenner gekroon te word.

Ons “leeus", 'n paneel ervare beleggers, sal die potensiaal van hierdie idees met ander entrepreneurs s'n vergelyk. Die idee wat die res uitstof en as oorwinnaar uit die leeukuil tree, sal wegstap met R50 000 kontant, plus 'n deel van meer as R220 000 se pryse - wat registrasie vir die aanlyn internasionale entrepreneurskapsmodule van die ESADE-bestuurskool in Barcelona, Spanje, insluit. Daar is ook 'n tweede prys van R30 000 met SU LaunchLab en dienste van Centuro Global en O'Reilley Law.

Die sprekers is:

  • Anita Nel
  • Asma Bashier
  • Brandon Paschal
  • Daniel Strauss
  • Dr Jan Brinckmann
  • Joshua Romisher
  • Miles Kubheka

Datum:                 Woensdag, 18 November 2020
Tyd:                      14:00
Navrae:                events@usb.ac.za
Bespreek hier:     https://www.usb.ac.za/usb_events/inweekusb-lions-den-2020/ 

  • #iNWEEKatUSB #LionsDen2020