Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se IdeaSmash wenner vir 2020 aangekondig
Outeur: Innovus
Gepubliseer: 29/10/2020

Keaton Harris, 'n mediese student aan die Universiteit Stellenbosch op die Tygerberg-kampus, is die 2020-wenner van die US LaunchLab IdeaSmash-kompetisie in die bestaande kategorie: tegnologie. Sy besigheid, InforMed, is 'n aanlyn-mobiele vertaalinstrument vir gesondheidsorg wat daarop fokus om taalhindernisse tussen gesondheidswerkers en pasiënte te oorbrug. Dit gebruik 'n aanpasbare benadering wat daarop gemik is om vertalings te kry van gesondheidswerkers wat nie net 'n mediese graad het nie, maar ook Engels- en 'n ander taal magtig is.

In Julie 2020 het die Entrepreneurskap Ontwikkeling in Hoër Onderwys sy eerste 2020-segment van die jaarlikse intervarsity-kompetisie gehou. Die kompetisie is daarop gemik om studente-entrepreneurskap in Suid-Afrika se openbare universiteite aan te wakker en te ontwikkel. Elke universiteit hou 'n aanvanklike interne rondte waaruit verteenwoordigers gekies word om aan die streeks-provinsiale rondte en uiteindelik aan die nasionale rondte deel te neem. Alhoewel dit vroeër in die jaar deur COVID-19 ontwrig is, het al die universiteite massiewe veerkragtigheid en aanpasbaarheid getoon deur voort te gaan met hul onderskeie interne rondtes, ten spyte van aanpassings.

Die US LaunchLab, in vennootskap met die Kantoor van die Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies was die gasheer vir die Universiteit se interne rondte wat genoem is IdeaSmash.

Deur die US IdeaSmash kon daar agt finaliste gekies word uit 'n totaal van 46 aansoeke om die US op streekvlak te verteenwoordig. Die agt het in vier kategorieë deelgeneem wat ingesluit het:

-       Nuwe besigheidsidee kategorie

-       Bestaande (tegnologie) kategorie

-       Bestaande (sosiale impak) kategorie

-       Bestaande (algemene) kategorie
Al agt finaliste het 'n uitstekende voorleggings gedoen tydens die virtuele byeenkomste van die Wes-Kaapse streekkompetisie wat gedurende die eerste week van Julie 2020 gehou is. Beoordelaars was verteenwoordigers van die Allan Gray Orbis Stigting (AGO), Eerste Nasionale Bank (ENB) en die Suid-Afrikaanse Brouerye Stigting (SAB)

Die ander sewe finaliste is:

  • Grandeur Giftery van Vutomi Khosa (Bestaande (sosiale impak) kategorie): 'n Wes-Kaapse geskenk-afleweringsdiens wat binne 24 uur nadat betaling ontvang is, die geskenke aflewer.

  • Top Tank van Andrex Roux (Nuwe besigheidsidee): 'n Plantgroeiende omskepbare tuinbak wat homself vol water hou en wat in enige vistenk gebruik kan word.

  • Biotikum van Deon Neveling (Bestaande (tegnologie) kategorie): 'n Maatskappy wat fokus op die ontwikkeling en kommersialisering van diere-probiotika en daardeur volhoubare boerderypraktyke bevorder.

  • Vexed van Peter Brincker (Bestaande (sosiale impak) kategorie): 'n Platform vir vereenvoudige ekstra klasse in video-formaat. Dit behou die struktuur van 'n leerplan, maar verwyder die kompleksiteit.

  • Bloxy van Josephine Rey (Bestaande (tegnologie) kategorie: 'n Stuk sagteware wat gratis, aflyn-bankdienste moontlik maak sonder dat 'n selfoonsein nodig is.

  • Split van Jacques du Plessis (Nuwe besigheidsidee): 'n Toep wat 'n maklike, veilige en genotvolle manier bied om dinge te leen, uit te leen en te verhuur.
  • Innovative Vending Solutions van Janneman van der Merwe (Bestaande (algemene) kategorie): 'n Outomaatmaatskappy wat verkoop-oplossings en innoverende tegnologie aan kliënte bied.

Keaton en die ander finaliste sal elk hul deel van R60 000 saadbefondsing kry vir hul besighede. Keating het ook inkubasiedienste van die US LaunchLab ontvang waar hy tans deelneem aan die Countdown: Business Validation program.

Die US LaunchLab is steeds die vlagskip vir die ontwikkeling en ondersteuning van  studentepreneurskap op die Stellenbosch-kampus. Alle studente word daaraan herinner om gereeld na hul webtuiste te gaan en meer te lees oor entrepreneurskap op die hub by: https://launchlab.co.za/su-entrepreneurship-hub/